Erasmus Family website

Welcome to Erasmus Family website

Ek is Louw Erasmus en ek het die familiboom begin en ek hoop dat die Erasmus geslag na my, die familieboom sal onderhou en sal opteken. Ek nooi almal uit wie ek invite het, om hulle families op ons familieboom te plaas om aan hulle nageslag die Erasmus familienaam oor te dra.                                     Erasmus.             Aangeteken in verskeie spellings, en alhoewel dit  beskou word as n Duitse familienaam, is dit een van antieke Grieks en bybelse oorsprong. Die spelling hiervan sluit in Erasmus wat beskou word as die basiese vorm van Rasmus, Asmus, Eras, Rasem, Asam, Asum Rassman, Assmann, Raes, Raskin, Erasmi, Asmes, Asmesen, Asmussen en moontlik vele ander. Die oorspong is vanaf die woord "erasmos" wat beteken "geliefde", en was glo die familie naam van n antieke Christen heilige en martelaar in die 6de eeu, iemand wat later as die "beskermer van matrose en draaiers" bekend was! Dit is n familienaam van die "kruistog ridder". Dit wil se die familienaam was oorspronklik "geleen" vanaf griekeland rondom die 11de eeu toe die land gebruik was as die basis van operasie deur die Templar Ridders van die Kruistog gedurende hulle vele veldtogte om die Heilige Land te probeer bevry vanaf die Moslems.  Al hierdie kruistogte was onsuksesvol, maar nietemin het dit n tradisie geword vir die terugkomende Ridders om hulle kinders bybelse name te gee, in eer van die vader se veldtogte vir die Christen Kerk. Hierdie familie naam het nooit populer geword in Engeland nie, maar dit was baie gebruik in Duitsland en ander lande. Vroee voorbeelde hiervan sluit in Augustus Erasmi van Berlyn in die jaar 1420, Conrad Erasmus van Praag in 1427. In Engeland het Johan Asmus vir Jane Elizabeth Taylor getrou by die kerk van St Johannes die Doper, Shoreditch, op 29 September 1839, hulle het 6 kinders gehad en hulle het Engeland verlaat.                                          Nou ja hier hou ons Erasmus familienaam nie op nie. Dit is die begin van ons familie wat uit Engeland gekom het om hulle in hierdie mooi land Suid Afrika hulle kom vestig het. Ons oupa Petrus Willem Adriaan Easmus was een van die eerste kinders wat hier gebore is van die kinders wat uit Engeland na Suid Afrika gekom het. Dit is ook nie die laaste een wat hier in Suid Afrika gebore sal word nie en ek weet dat daar in ons Erasmus familie een sal wees wat die Erasmus familieboom in stand sal hou. Geniet die reis saam met ons.

Recent activity