Steenkamp Familie Webtuiste

Welcome to Steenkamp Familie Webtuiste

My naam is Wimpie Steenkamp en ek het hierdie webtuiste begin. Ek het dit geskep deur van MyHeritage.com gebruik te maak. Die idee is om die die "STEENKAMP VAN" se stamboom te voltooi en na te vors. Slegs die manlike lyn (die Steenkamp-naamdraers) word gevolg. My eerste bron waarvan ek gebruik gemaak het is "DIE STEENKAMPS VAN KAROS TOT 1976" van wie ek 'n afstammeling is en wat deur  Monica Moller en Willem Steenkamp in medewerking met Leroi en ander Steenkamps opgestel is. Tweedens het ek gebruik gemaak van "DIE STEENKAMPS VAN SUIDELIKE-AFRIKA" wat deur Jan Harm Steenkamp die President van die Bantoe-Appelhof in Transvaal en Natal vanaf 1946-1957 in Oktober 1969 uitgegee is.Laastens maak ek ook van die internet en ander bronne op die internet en inligting deur ander Steenkamps aan my verskaf gebruik.Enige ander bronne is welkom. Kontak my gerus! My Heritage is 'n briljante sisteem wat persone soos ek en jy toelaat om ons stamboom te bou. Ons kan ook familie foto's deel. As jy enige kommentaar wil lewer of terugvoer verlang aangaande hierdie webtuiste, klik asb here om my te kontak. 

Recent activity