Engeland & Wallis, Sterfte Indeks, 1837-2005
87,011,461 rekords
Verander kategorie of versameling
Naam
Geboortedatum
Sterfte
Voeg besonderhede by
Sleutelwoorde
Vergelyk alle woorde presies
Wis vorm
Soek in Engeland & Wallis, Sterfte Indeks, 1837-2005
Naam
Geboortedatum
Sterfte
Voeg besonderhede by
Sleutelwoorde
Wis vorm
CollectionDescriptionImage
Engeland & Wallis, Sterfte Indeks, 1837-2005
87,011,461 rekords
Hierdie versameling is 'n indeks van die burgerlike geboorteregistrasies vir Engeland en Wallis vanaf 1837 tot 2005. Die versameling sluit beelde in van die indeksbladsye vir 1837 tot 1983. Vanaf 1984 en verder is daar geen indeksbladsye nie aangesien die Algemene Registrasiekantoor (GRO) 'n elektroniese rekordsstelsel aangeneem het en dit hierdie meer onlangse gedeelte van die indeks digitaal beskikbare gemaak het. Indekse word gerangskik volgens jaar en kwartaal van gebeurtenis en daaronder alfabeties volgens vanne.

Burgerlike registrasie — die regering se opname van geboortes, huwelike en sterftes — begin in Engeland en Wallis op 1 Julie 1837. Plaaslike registrasie distrikte het jurisdiksie vir die registrasie van die burgerlike gebeure gehad, maar is gevra om elke kwartaal afskrifte van hul rekords te stuur aan die Algemene Registrasiekantoor (GRO) in Londen. Die GRO het indekse geskep om hierdie rekords alfabeties volgens geval, jaar, en kwartaal en daaronder alfabeties volgens van te organiseer.

Inligting ingesluit in die indeks het oor die jare verander. Die indeks verskaf altyd die naam van die oorledene, registrasiedistrik, en verwysing inligting (volume en bladsynommers). Vanaf 1866 tot Maart 1969 sluit die indeks die oorledene se ouderdom in. Vanaf Junie 1969 sluit die indeks die oorledene se geboortedatum eerder as sy ouderdom in.

Inligting verskaf in die indeks kan gebruik word om 'n afskrif van die persoon se doodsertifikaat teen 'n fooi van die GRO te bestel deur hulle Sertifikaat Bestel Diens. Afhangende van die jaar, kan volledige doodsertifikate: die naam van oorledene, sterfdatum, plek van afsterwe, ouderdom, seks, beroep, oorsaak van dood, naam van ouer indien die oorledene 'n kind is, informant se naam, woonplek, en verhouding met die oorledene, en datum van registrasie verskaf.

Let wel: Inligting op 'n doodsertifikaat is net so akkuraat as die kennis van die persoon wat dit rapporteer het. Dit is belangrik om aandag te gee aan wie die informant was en hul verhouding tot die oorledene. Hoe nader die verhouding, hoe meer betroubaar is die inligting waarskynlik.

Vir jare waar beelde van die indeks beskikbaar is, maak seker om die beeld te raadpleeg om die inligting wat aan jou verskaf is te verifieer. Soms gebeur foute tydens die transkripsieproses. Byvoorbeeld, 'n “5” kan dalk per ongeluk getranskribeer word as 'n “3”. Aangesien daar 'n fooi betaalbaar is vir die bestelling van 'n afskrif van 'n sertifikaat vanaf die GRO, is dit veral belangrik om seker te maak dat alle verwysingsnommers korrek is voordat 'n bestelling geplaas word.

Soekwenk: As 'n individu verskeie noemname het, is soms net een of twee van hierdie name aangeteken in die indeks. Daarbenewens kan sommige van die name aangeteken wees met slegs voorletters. As jy probleme het met die opspoor van iemand in die indeks, probeer om te soek deur enige van die individu se bekende name, voorletters, of byname te gebruik.
Voorbeeld rekord
sample record image
Charles Lutwidge Dodgson (Lewis Carroll)Oorlede: 1898 - Guildford, Surrey, Engeland
Engelse skrywer, wiskundige, logikus, Anglikaanse diaken, en fotograaf. Sy mees bekende geskrifte is Alice's Adventures in Wonderland en sy opvolger Through the Looking-Glass