Engeland & Wallis, Huwelik Indeks, 1837-2005
95,986,514 rekords
Verander kategorie of versameling
Naam
Huwelik
Voeg besonderhede by
Sleutelwoorde
Huweliksmaat
Vergelyk alle woorde presies
Wis vorm
Soek in Engeland & Wallis, Huwelik Indeks, 1837-2005
Naam
Huwelik
Voeg besonderhede by
Sleutelwoorde
Huweliksmaat
Wis vorm
CollectionDescriptionImage
Engeland & Wallis, Huwelik Indeks, 1837-2005
95,986,514 rekords
Hierdie versameling is 'n indeks van burgerlike huwelik registrasies vir Engeland en Wallis vanaf 1837 tot 2005. Die versameling sluit beelde in van die indeks bladsye vir 1837 tot 1983. Vanaf 1984 en verder aan is daar geen indeks bladsye nie aangesien die Algemene Registrasiekantoor (GRO) 'n elektroniese rekordstelsel aangeneem het en die meer onlangse gedeelte van die beskikbare indeks digitaal beskikbaar is.

Burgerlike registrasie — die regering se opname van geboortes, huwelike en sterftes—begin in Engeland en Wallis op 1 Julie 1837. Plaaslike registrasie distrikte het jurisdiksie vir die registrasie van die burgerlike gebeure gehad, maar is gevra om elke kwartaal afskrifte van hul rekords te stuur aan die Algemene Registrasiekantoor (GRO) in Londen. Die GRO het indekse geskep om hierdie rekords alfabeties volgens geval, jaar, en kwartaal en daaronder alfabeties volgens van te organiseer.

Die indeks gee die naam van die bruid of bruidegom, registrasiedistrik, en verwysinginligting (volume en bladsynommers). Bruide en bruigegomme is albei ingesluit in die indeks, maar word afsonderlik onder hul eie individuele inskrywings gelys.

Inligting verskaf in die indeks kan gebruik word om 'n afskrif van die persoon se huweliksertifikaat teen 'n fooi vanaf die GRO te bestel deur hulle Sertifikaat Bestel Diens. Afhangende van die jaar, kan volledige huweliksertifikate verskaf: die huweliksdatum en plek, name van die bruid en bruidegom, hul ouderdomme, huwelikstatus, beroepe, en woonplekke. Inligting oor die bruid en bruidegom se vaders se name, beroepe, en of oorlede—kan ook gelys wees. 'n Huweliksrekord dui gewoonlik of die huwelikseremonie plaasgevind het in 'n kerk en indien wel, die denominasie.

Let wel: Vir jare waar beelde van die indeks beskikbaar is, maak seker om die beeld te raadpleeg om die inligting wat aan jou verskaf is te verifieer. Foute gebeur soms tydens die transkripsieproses. Byvoorbeeld, 'n "5" kan dalk per ongeluk getranskribeer word as 'n "3". Aangesien daar 'n fooi vir die bestel van sertifikaat afskrifte vanaf die GRO betaalbaar is, is dit veral belangrik om seker te maak dat alle verwysingsnommers korrek is voordat 'n bestelling geplaas word.

Soekwenk: As 'n individu verskeie noemname het, is soms net een of twee van hierdie name aangeteken in die indeks. Daarbenewens kan sommige van die name aangeteken wees met slegs voorletters. As jy probleme het met die opspoor van iemand in die indeks, probeer om te soek deur enige van die individu se bekende name, voorletters, of byname te gebruik.
Voorbeeld rekord
sample record image
J. R. R. TolkienGetroud: 1916 - Warwick, Engeland
Skrywer van die klassieke hoë-fantasie werke The Hobbit en The Lord of the Rings