MyHeritage is die produk van tegniese veteraan en ervare genealoog Gilad Japhet. Sy visie as entepeneur en passie vir familiegeskiedenis het MyHeritage laat groei van 'n klein besigheid in 'n motorhuis tot 'n wereldklas webgebruikersmaatskappy met miljoen gebruikers reg oor die wereld.
Voordat hy MyHeritage gestig het, het Gilad sy merk gelaat by BackWeb Technologies en BRM Technologies, waar sy rolle as onderskeidelik Hoof van Produkbestuur en leier van die anti-virus navorsingseenheid instrumenteel was in hierdie maatskappye se sukses.
Gedurende die laaste dekade was Gilad die stuurkrag agter ons missie om familiegeskiedenis maklik en toeganklik te maak vir almal, met 'n reeks produkte wat talle toekennings gewen het. Hy het MyHeritage gelei deur verreikende verkryging van addisionele produkte en gereedskap, asook die smee van hegte samewerking met industrie gelykes.
Gilad spandeer baie privaat tyd gratis aan inisiatiewe wat die tegnologie en netwerk wat hy deur MyHeritage opgebou het, gebruik tot voordeel van ander. Dit strek van die opsporing van honderde erfgename van gesteelde eindom of gebuite kunswerke, tot persoonlike betrokkenheid om genealogiese vraagstukke op te los en families te herenig. Met hierdie aktiwiteite het hy die bynaam "Sherlock Holmes" verdien in die veld van genealogie.
As trotse vader van drie, het Gilad se avontuurlus gelei tot baie ekspedisies die onbekende in. Wat jy ookal doen, moet hom nie uitdaag tot 'n potjie skaak nie.