MyHeritage Privaatheid Definisies

Die Afrikaans vertaling van die Privaatheid Definisies hieronder is nie die bindende weergawe nie. Dit dien slegs vir inligting en gerieflikheid. Die Engelse weergawe van die Privaatheidsbeleid is die wetlik bindende weergawe.

Privaatheid Voorkeure op MyHeritage
Jy kan jou privaatheid voorkeure op enige tyd via die privaatheid voorkeure bladsy beheer - 'n gekonsolideerde bladsy wat ontwerp is om dit maklik vir jou te maak om alle privaatheid instellings volgens jou voorkeur te kies. Die Privaatheid Voorkeure bladsy is te kry deur die "My Privaatheid" vanaf die Rekening kieslys aan die bokant van elke bladsy van die Diens. Jy kan ook toegang daartoe kry deur te klik op "My Privaatheid" op die Instellings oortjie van enige van jou familie webtuistes. Wysigings wat in die Privaatheid Voorkeure bladsy gemaak is sal in werking tree wanneer jy klik op die "Stoor" knoppie aan die onderkant.

Hieronder is 'n lys van die beskikbare instellings op die Privaatheid Voorkeure bladsy. Elke instelling word verduidelik en sy verstek waarde is gelys. Jy kan die waardes van hierdie privaatheid instellings te eniger tyd beheer en hulle verander van ja tot nee of vice versa.

Lid voorkeure

Laat mense toe om my publieke profiel te vind en te sien. Verstek: ja
As hierdie instelling geaktiveer is, sal jy 'n openbare profiel-bladsy op MyHeritage hê wat jou naam insluit. Dit sal 'n foto insluit as jy 'n openbare profielfoto gelaai het, en dit sal jou land lys as jy dit in jou profiel gespesifiseer het. Dit bevat 'n lys van die familie webtuistes waarvan jy 'n lid is. Dit maak NIE jou e-posadres, geboortedatum, adres, familielede en enige ander persoonlik identifiseerbare inligting openbaar nie. Die belangrikheid van 'n openbare profiel-bladsy is dat dit ander gebruikers toelaat om jou te vind en jou potensieel te kan kontak, byvoorbeeld om navraag te doen oor 'n gemeenskaplike belang in familiegeskiedenis navorsing. Jy kan jou eie profiel-bladsy besoek deur "My Profiel" in die Rekening kieslys bo-aan
die bladsye van die Diens te kies. Wanneer jy by jou eie profiel aanmeld, sal jy meer inligting sien as wat ander gebruikers sal sien, soos jou volle geboortedatum. Klik op die skakel "Bekyk my openbare profiel" op jou profiel om te sien hoe ander jou openbare profiel sal sien.

Vertoon my regte naam aan lede buite my familie. Verstek: ja
Wanneer jou naam genoem word op jou familie webtuiste en jou profielbladsy, in verband met jou aktiwiteit as 'n lid van MyHeritage, is die standaard om jou regte naam te vertoon. As jy graag 'n alias in plaas van jou naam wil vertoon aan iemand wat nie 'n lid van jou familie webtuiste is nie, byvoorbeeld "J1980" in plaas van jou regte naam "John Miller", kan jy dit doen deur hierdie instelling af te skakel en dan 'n skuilnaam in te vul. Dit word ontmoedig, aangesien MyHeritage verkies dat sy lede bekend is deur hul regte name eerder as aliasse. Hierdie instelling beïnvloed slegs jou profiel en rekening, en nie vermeldings van julle in die stambome nie. Wees asseblief bewus daarvan dat hierdie instelling in die toekoms gestaak kan word.

Vertoon my algemene ouderdom (bv. 30's aan lede buite my familie. Verstek: ja
As hierdie instelling geaktiveer is en jy het 'n openbare profiel, dan sal jou openbare profiel jou algemene ouderdomsgroep in 'n 10-jaar-resolusie vertoon, bv. 30's of 40's. Dit is nuttig om ander mense 'n algemene aanduiding van jou ouderdom sonder besonderhede te gee. As jy in die ouderdomsgroep 20 jaar oud of jonger is, sal dit vertoon word as "20 of onder".

Laat lede toe om kommentaar te lewer op my profiel. Verstek: ja
Indien geaktiveer, kan ander mense 'n opmerking op jou profiel plaas, en jy kan ook kommentaar lewer in reaksie hierop op jou eie profiel. Moontlike redes waarom mense 'n opmerking op jou profiel sou wou plaas, sluit in dat hulle wil uitvind of jy dieselfde voorouer in gemeen het met hulle, of wil jou graag kontak oor openbare inhoud wat jy geplaas het. Jy kan enige ongewenste kommentaar wat op jou profiel geplaas is verwyder, en jy kan hierdie instelling deaktiveer as jy nie wil hê dat enige verdere kommentaar op jou profiel geplaas word nie. Dit sal ook enige kommentaar wat vroeër geplaas is versteek.

Stel my in kennis van lede se opmerkings. Vertek: ja
As ander lede kommentaar op jou profiel kan plaas (sien hierbo), bepaal hierdie instelling of jy per e-pos in kennis gestel sal word wanneer hulle sodanige kommentaar lewer. As dit afgeskakel is, sal jy nie ingelig word nie, maar kan jy nog steeds jou profiel op enige tyd besoek om te sien of enige kommentaar geplaas is. Die e-pos wat jou inlig oor 'n nuwe kommentaar sluit ook inligting in oor hoe om opmerkings te deaktiveer.

Aktiveer Search Connect™. Verstek: ja
Search Connect™ is 'n funksie van die Diens waarmee enige historiese soektogte wat jy met MyHeritage soekenjins voer aangeteken word (bv. as jy soek na voorvaders met 'n sekere van). Ander mense wat dieselfde soektog doen as wat jy gedoen het, kan onder die resultate van hul soektogte sien dat jy dit ook gesoek het, en hulle kan probeer om jou te kontak via die Diens. Dit is 'n nuttige funksie vir genealoë. Indien geaktiveer, sal dit verseker dat selfs wanneer jy soektogte doen wat geen inligting oplewer nie, ander mense wat dieselfde name navors jou kan vind wanneer hulle later soortgelyke soektogte doen. As jy nie enige van jou soektogte gestoor en vertoon wil hê aan ander mense wat dieselfde soektog herhaal nie, kan dit afskakel word: vorige soektogte wat jy gemaak het, sal verwyder word en nuwe soektogte sal nie gestoor word nie.

Aktiveer SuperSearch™ Waarskuwings. Verstek: ja
MyHeritage SuperSearch ™ Waarskuwings werk in die agtergrond om jou te help met jou familiegeskiedenisnavorsing. Dit herhaal vorige soektogte wat jy gemaak het op MyHeritage SuperSearch, op soek na nuwe resultate wat nie bestaan het die laaste keer dat jy elke soektog uitgevoer het nie. MyHeritage voeg steeds nuwe versamelings by. Hierdie lewensredders-kenmerk verseker dat jy nie nuwe rekords wat ons onlangs bygevoeg het, sal misloop wat nuwe resultate vir jou vorige soektogte sal bring nie.

Privaatheid Voorkeure - Familie webtuiste privaatheid instellings
Op die Privaatheid Voorkeure bladsy kan jy ook die privaatheid voorkeure van elke familie webtuiste wat jy bestuur afsonderdlik beheer. Die volgende verduidelik die instellings tot jou beskikking en hulle verstek waardes.

Laat gaste toe om my webtuiste te vind. Verstek: ja
Indien geaktiveer, kan jou familie webtuiste gevind word via sy openbare naam (of beskrywing, as jy een het), in MyHeritage SuperSearch - MyHeritage se soekenjin vir historiese rekords, WorldVitalRecords en FamilyLink (twee webtuistes vir die vind van historiese rekords besit en bedryf deur MyHeritage) en ander webtuistes in die MyHeritage Webwerf Groep. Die voordeel is sodat ander gebruikers jou webtuiste kan vind en daarna in kontak met jou kan kom. Om in staat te wees om jou webtuiste te vind gee nie iemand die reg om toegang daartoe te verkry en die inhoud daarvan te sien nie, dit beteken net dat sy naam en beskrywing soekbaar is. Byvoorbeeld, as jy 'n webtuiste genaamd "Afstammelinge van Diskin Familie van Lomza" bestuur, sal mense wat belangstel in Diskin of Lomza in staat wees om te vind dat jy 'n webtuiste hiervoor het en kan hulle met jou in kontak kom.

Laat gaste toe om lidmaatskap van my webtuiste te versoek. Verstek: ja
Hierdie instelling bepaal of ander gebruikers wat jou familie webtuiste vind, d.w.s. gaste, jou via MyHeritage kan kontak (sonder die verkryging van toegang tot jou e-posadres) om te versoek om lede van jou webtuiste te word. Sodanige versoeke kom gewoonlik van mense wat aan jou verwant is, soos veraf neefs of niggies, of mense wat glo dat die inhoud van jou webtuiste relevant tot hul familienavorsing mag wees. Lidmaatskapversoeke word gelys bo-aan die "Webtuistelede" bladsy in die familie webtuiste. Die webtuistebestuurder is verantwoordelik vir die goedkeuring of verwerping van lidmaatskapversoeke na die webtuiste. As jy 'n lidmaatskapversoek goedkeur, sal die aansoeker 'n lid word van jou familie webtuiste en in staat wees om dit te vind en al die inhoud te sien. Dit word aanbeveel om nie lidmaatskapversoeke van mense wat jy nie ken of nie vertrou nie goed te keur. Jy kan die lidmaatskap van enige lid intrek, selfs al is dit voorheen goedgekeur, vanaf die "Webtuistelede" bladsy van jou familie webtuiste, deur "Nog> 'Verwyder van webtuiste" langs enige lid se naam te kies.

Stuur e-pos kennisgewings aan my oor nuwe lidmaatskapversoeke. Verstek ja
As jy toelaat dat gaste lidmaatskap van die webtuiste (sien hierbo) kan versoek, sal hierdie instelling bepaal of sulke versoeke tot gevolg sal hê dat 'n e-pos aan jou gestuur word deur MyHeritage. As jy hierdie instelling afskakel, sal geen e-pos gestuur word nie, maar jy sal in staat wees om sodanige lidmaatskapversoeke gelys bo-aan die "Webtuistelede" bladsy op jou familie webtuiste te vind.

Laat my webtuistelede toe om ander lede na die webtuiste uit te nooi. Verstek: ja
Hierdie instelling beheer of ander lede van jou webtuiste wat jy genooi het, self meer mense kan nooi om lede van jou webtuiste te raak. Webtuistelede kan toegang kry tot die webtuiste en al die inhoud sien, en in die meeste gevalle ook nuwe inligting plaas en bestaande inligting verander. Ons beveel aan jy nooi na die webtuiste as lede slegs naby familie en mense wat jy volkome vertrou. As jy nie jou webtuistelede se oordeel vertrou met betrekking tot mense wat hulle kan nooi na die webtuiste nie, moet jy dit afskakel. As jy hul oordeel vertrou, kan jy dit geaktiveer laat. As Webtuistebestuurder, kan jy te eniger tyd die ander webtuistelede sien op die "Webtuistelede" bladsy op die webtuiste, en die lidmaatskap van enige ongewenste lede herroep. Nuwe lede word aangekondig in die "Wat is nuut" afdeling van die familie webtuiste en ingesluit in die familie webtuiste aktiwiteit nuusbriewe wat op 'n weeklikse basis gestuur word, so dit is hoe jy gewaarsku kan word indien enige van jou webtuistelede ander lede na die webtuiste uitgenooi het.

Laat gaste toe om beperkte inligting op jou webtuiste te sien. Verstek: ja
Dit is 'n belangrike privaatheid instelling. Gaste is gebruikers wie jy nie genooi het as lede van jou familie webtuiste nie, d.w.s. vreemdelinge. Hierdie instelling bepaal of sulke gaste in staat sal wees om jou webtuiste te besoek en enige geplaaste inhoud daarin te sien. As jy hierdie instelling deaktiveer, sal hulle nie in staat wees om dit te besoek nie, en sal inligting op jou webtuiste nie soekbaar wees op openbare soekenjins soos Google nie, behalwe vir die openbare intreebladsy van die webtuiste waarop gebruikers die naam en titel van die webtuiste kan sien, en opsioneel vir jou toestemming vra om lede te word indien die bogenoemde omgewing "Laat gaste toe om lidmaatskap van my webtuiste te versoek" geaktiveer is.

Indien die instelling geaktiveer is (ja), sal gaste in staat wees om jou webtuiste te besoek. Hulle sal in staat wees om die inhoud wat jy en jou webtuistelede geplaas het te sien, behalwe dat jou stamboom gesensor sal wees (beperk) sodat inligting oor lewende mense verborge sal wees. Verborge beteken dat behalwe vir vanne, geen inligting oor lewende mense in die stambome vertoon sal word nie: voorname, geslagte, foto's, datums, gebeure, ens -- alles word weggesteek. As jy die maksimum privaatheid soek, moet jy hierdie instelling afskakel, om jou familie webtuiste 'n private webtuiste te maak. Let daarop dat as jy die maksimum privaatheid soek, word dit ook aanbeveel om die insluiting van jou stambome by MyHeritage historiese soekenjins af te skakel (sien onder). Die nadeel om alle inligting in 'n genealogiese diens soos MyHeritage weg te steek, is dat mense wat aan jou verwant is nie in staat sal wees om jou te vind nie, selfs nie via oorledene voorouers en hereniging met verlore familiebande sal moontlik wees nie.

Verleen geverifieerde apps toegang tot my familie webtuiste. Verstek: ja
MyHeritage ontwikkel 'n API genaamd die Family Graph API, gemaak na die Facebook Connect API. Die doel daarvan is om die ontwikkeling van die familie toepassings (apps) te fasiliteer deur vennote van MyHeritage. Voorbeelde van sulke programme sluit in familiekalender afdrukke, stamboom legkaarte, familie trivia speletjies, en nog baie meer. Skakel hierdie instelling af as jy nie enige interaksie hoegenaamd van apps met jou data wil toelaat nie, of as jy lede uitgenooi het na jou webtuiste en jy vertrou nie hul oordeel ten opsigte van programme nie.

Let wel: die Family Graph API laat nie apps direkte toegang tot jou stamboom of familiedata toe nie. Maar, wanneer jy of een van jou familie webtuistelede so 'n app gebruik, sal MyHeritage 'n bladsy vertoon om namens die app toestemming te vra, en duidelik beskryf na watter soort toegang die app op soek is. As toestemming deur jou of een van jou webtuistelede verleen word, wat deur verifikasie vergesel word, dit wil sê deur die MyHeritage gebruikersnaam en wagwoord in te vul, sal die app dan toegang tot jou familie webtuistedata kry.

Privaatheid Voorkeure - bestuur van veelvuldige familie webtuistes
As jy verskeie familie webtuistes bestuur, let daarop dat elkeen sy eie privaatheid instellings het, om jou volle buigsaamheid te gee en toelaat dat jy verskillende privaatheid instellings vir verskillende webtuistes kan toewys. Vir jou gerief, sluit die Privaatheid Voorkeure bladsy 'n knoppie gemerk "Pas bogenoemde instellings toe op al my familie webtuistes" in. Klik hierdie knoppie om soortgelyke keuses wat jy gemaak het vir alle privaatheid instellings soos hierbo verduidelik van die huidige familie webtuiste op al die ander webtuistes wat jy tans bestuur oo te dra. As jy 'n nuwe familie webtuiste skep, sal sy privaatheid instellings die verstek waardes ontvang en jy sal hulle apart moet te instel op die Privaatheid Voorkeure bladsy.

Privaatheid Voorkeure - privaatheidinstellings van stambome en foto's
Vir elke familie webtuiste wat jy bestuur, sluit die privaatheid voorkeure ook die volgende privaatheid instellings in wat elke stamboom en elke foto-album op jou webtuiste beheer:

Sluit stamboom in by MyHeritage historiese soekenjins. Verstek: ja
As hierdie instelling geaktiveer is, sal die individue wie in jou stamboom gemerk is as oorlede soekbaar wees en sigbaar in MyHeritage SuperSearch en ander genealogiese webtuistes in die MyHeritage Webwerf Groep. Dit laat gebruikers wat op soek is na voorouers toe om jou data te vind en gevolglik om jou te vind. Die besonderhede van lewende mense kan nie gesoek of bekyk word nie behalwe slegs vir hul vanne. Hou hierdie instelling geaktiveer as jy glo dat jou stamboom waardevol kan wees vir ander genealogiese navorsers. Skakel dit af as jy nie wil hê dat ander 'n deel van jou stamboom moet vind en sien nie, met inbegrip van oorlede mense.

Aktiveer Smart Matching™. Verstek: ja
Smart Matching™ is 'n kern funksie van MyHeritage. Indien geaktiveer, vergelyk dit jou stamboom met ander stambome op MyHeritage wat Smart Matching ™ geaktiveer het, om te kyk vir ooreenkomste. As ooreenkomste gevind word, sal jy en die eienaar van die ander boom in kennis gestel word en die ooreenkomste wat jy kan sien, en hulle bevestig of verwerp. Om hierdie instelling te aktiveer word aanbeveel vir mense wat belangstel in die maak van nuwe ontdekkings. Dit kan afgeskakel word as jy nie wil hê dat ander mense ooreenkomste met jou boom moet sien nie. Deur hierdie instelling af te skakel, sal jy nie nuwe ooreenkomste vir jou boom ontvang nie en al jou bestaande ooreenkomste sal uitgewis word.
Nota: wanneer Smart Matching™ aangeskakel is, aktiveer dit ook Instant Discoveries™ (wat verdeel word in Person Discoveries™ en Photo Discoveries™). ’n Instant Discovery™ word gebaseer op ’n ooreenkoms en laat jou toe om tot 50 persone (met die Person Discoveries-funksie) en tot 10 persoonlike foto’s (met die Photo Discoveries-funksie) met net een klik by jou stamboom te voeg.

Laat bestuurders van ander webtuistes toe om ooreenkomstige individue se foto's te kopieer. Verstek: ja
Hierdie instelling beheer of ander webtuistebestuurders wat Smart Matches of Instant Discoveries met jou boom het in staat sal wees om openbare foto's te neem vanaf jou stamboom en hulle in hul eie te kopieer. Skakel dit af as jy nie wil hê dat 'n ander webtuistebestuurder, selfs diegene wat aan jou verwant is, moet jou foto's kan kopieer as gevolg van Smart Matches nie of Instant Discoveries.

Vir elke familie webtuiste wat jy beheer, sluit die privaatheid voorkeure ook die volgende stelling vir elke foto-album op jou webtuiste in: of ander gebruikers sy foto's kan soek en sien. Verstek: ja. Deaktiveer dit vir foto-albums wat privaat is of as jy nie wil hê iemand behalwe jou familie webtuistelede moet dit sien nie. Dit word aanbeveel om dit aan te hou vir albums wat nie-private, historiese foto's bevat wat van waarde mag wees vir ander familiegeskiedenis navorsers.

Aktiveer Smart Matching™ met ander MyHeritage webtuistes en vennote. Verstek: ja
MyHeritage gebruik ook sy Smart Matching™ tegnologie om stambome op MyHeritage te vergelyk met stambome in ander genealogie webtuistes besit en bestuur deur MyHeritage, of deur sy strategiese vennote. Hieronder is die huidige webtuistes wat Smart Matching™ kan gebruik:

Geni.com
Meer vennote kan in die toekoms by hierdie lys gevoeg word.
Hierdie funksie kan jou help om lang verlore familielede wat dieselfde familie as jy navors te vind, maar wie nie MyHeritage vir hul stamboom gebruik nie.
Dit word aanbeveel om hierdie stelling aan te los vir mense wat deur veraf familie gevind en gekontak wil word. Skakel dit af as jy nie wil hê ander gebruikers buite MyHeritage moet Smart Matches™ met jou boom ontvang nie en gevolglike in staat wees om dele van jou boom te sien. Deur hierdie instelling af te skakel, sal alle bestaande ooreenkomste met eksterne bome verwyder word en sal dit nie weer vertoon word nie.

Laat webtuistelede toe om inhoud op die webtuiste te plaas. Verstek: ja
Indien geaktiveer, laat dit genooide lede toe om foto's, familie byeenkomste en nuusberigte op die familie webtuiste te voeg. Dit stel hulle ook in staat om DeepStories te skep. Suksesvolle webtuistes moedig lede aan om deel te neem en inhoud te plaas. Jy (of ander webtuistebestuurders) kan altyd enige inhoud opgelaai deur enigiemand op jou webtuiste verander of verwyder. As hierdie instelling afgeskakel is, kan net bestuurders sodanige inhoud op die familie webtuiste plaas.

DNS voorkeure

Aktiveer DNS-Vergelyking. As hierdie instelling geaktiveer is, word die DNS-resultate vir die persoon wat getoets is, vergelyk met ander gebruikers wat jou DNS-ooreenkomste gee – mense wat waarskynlik verwant is aan die persoon wat getoets is en gee ook die persoon wat getoets is aan as ’n DNS-ooreenkoms vir hulle. Die mense wie se DNS by dié van die persoon pas wat getoets is, sal sy of haar naam en lidbesonderhede kan sien en jou deur MyHeritage kan kontak. Die werklike DNS-data word nêrens op die webwerf vertoon nie, en ander gebruikers het geen toegang daartoe nie.

As hierdie instelling gedeaktiveer is, sal niemand (jy inkluis) enige DNS-ooreenkomste ontvang nie. DNS-ooreenkomste het moontlik betekenisvolle implikasies soos in die MyHeritage-diensvoorwaardes genoem word, aangesien hulle inligting oor die familieverbintenisse van die persoon wat die toets gedoen het, kan openbaar maak wat weerspreek wat jy vroeër gedink het. As jy bekommerd is oor sulke potensiële implikasies, deaktiveer DNS-vergelyking.

Laat DNA Matches toe om profielbesonderhede van persone te sien wie se DNS-data deur my bestuur word. Verstek: ja
As jy ’n DNS-stel vir iemand anders as jouself bestuur, sal gebruikers wie se DNS pas by daardie persoon as verstekkeuse sy/haar voornaam, van en profielfoto kan sien. As hierdie instelling gedeaktiveer is, sal daardie persoon se voornaam verwtder word en sal net sy/haar van getoon word.

Verwyder DNS-resultate en DNS-verslae vanaf MyHeritage.
Jy kan jou DNS-resultate en DNS-verslae vanaf die webtuiste verwyder deur die verwyder-funksie op die "Bestuur DNS-pakkette" bladsy op die webtuiste te gebruik, of deur MyHeritage-kliëntediens te versoek om dit vir jou te doen. Sodra jy die DNS-resultate en DNS-verslae verwyder het, sal dit nie verhaalbaar wees nie en hierdie aksie kan nie ongedaan gemaak word nie.
DNS-resultate wat verwyder is, mag bly in e-posse wat sodanige inligting bevat, wat aan jou en/of jou DNS-ooreenkoms(te) voor die verwydering gestuur is.

Laat my DNS-Ooreenkomste toe om my Etnisiteit Beraming te sien. Verstek: ja.
As jy verkies om dit aan te hou, sal gebruikers wat DNS-Ooreenkomste met jou het kan sien watter etnisiteite julle deel en hulle Etnisiteit Beramings met jou vergelyk. Dit kan jou DNS-Ooreenkomste help om uit te werk hoe julle verwant is. As jy DNS-pakkette vir ander mense bestuur, sal hierdie instelling ook bepaal of hulle Etnisiteit Beramings sigbaar is vir hul DNS-Ooreenkomste.

As jy verkies om die instelling af te skakel, sal jou DNS-Ooreenkomste nie kan sien watter etnisiteite julle deel nie. Net so, as jy DNS-pakkette van ander mense bestuur, sal hul DNS-Ooreenkomste nie gedeelde etnisiteite sien nie.

Laat DNS-ooreenkomste toe om gedeelde DNS-segmente te bekyk en DNS-segmentinligting af te laai.
As hierdie instelling geaktiveer is, sal DNS-ooreenkomste inligting oor gedeelde DNS-segmente kan bekyk en aflaai. Hierdie inligting kan DNS-ooreenkomste help verstaan hoe hulle verwant is aan die persoon wat getoets is, en sluit die genomiese posisie en lengte van gedeelde segmente in. Gedeelde DNS-segmente is dele DNS wat DNS-ooreenkomste gemeen het. Hulle kan wys op ’n gemeenskaplike voorouer en kan help om verhoudings te identifiseer.

As hierdie instelling gedeaktiveer is, sal die DNS-ooreenkomste nie die gedeelde segmente kan bekyk of aflaai nie.

Laat MyHeritage-gebruikers toe om DNS-kentekens te sien in die stambome van individue vir wie ek 'n DNS-pakket bestuur. Verstek: ja As hierdie instelling geaktiveer is, sal 'n DNS-kenteken - soortgelyk aan die Smart Matches en die Record Matches kentekens - verskyn langs elke persoon vir wie jy 'n DNS-pakket bestuur in bome waar dit voorkom. Dit sal toelaat dat enigeen wat bome sien van mense wie se DNS-pakkette jy bestuur kan sien dat daardie mense 'n gepaardgaande DNS-pakket het - en om te weet dat hulle 'n DNS-toets geneem het.