You are not logged in
Log in
Sign up
Welcome

 

 My name is Jan Cilliers and this web site is specially for the descendants of Josue Cellier, the Huguenot progenitor of the Celliers/Cilliers/Cillié families and  his wife Elizabeth Couvret in South Africa. (Read their story in the article section at the bottom of this page) 

Make use of the facilities offered. Become a member, publish your family photo’s in the photo gallery in your personal photo album, offer comments, chat on the Message Board to other members, publish family announcements here as well as your family  story or publish your favourite recipes and read the articles about the Cilliers family. Please sign the guestbook as well. Soon we will also publish a newsletterl.  

If you would like to add your family details to the site, please complete the family form which you will find in the article section. After completion you can either email it to me or fax it or even post it. You will find all these addresses and numbers on this page. 

This site was created using MyHeritage.com. This is a great system that allows anyone like you and me to create a site for their family and even publish their family tree on the Internet.
If you have any comments or feedback about this site, please click
here to contact me.

Our family tree is posted online on this site! There are 245 names in our family tree. The earliest event is the birth of Josué Cilliers (About 1667). The most recent event is the birth of Jean Joshua Clark (Jul 6 2007).

The site was last updated on July 26 2008, and it currently has 5 registered member(s).  

Enjoy it! 

Jan Cilliers Ons Herberg 44, AFirst Ave,Bronkhorstspruit 1020 Gauteng South Africa Tel. 27139323020 Cell 27834634051 Fax 0866905862 Email  me here 

Welkom by ons webwerf! 

My naam is Jan Cilliers en hierdie webwerf is spesiaal vir afstammelinge van Josué Cellier, Hugenoot-stamvader van die Celliers-/Cilliers-/Cillié-families en sy vrou, Elizabeth Couvret, in Suid-Afrika. (Lees hul storie onder aan hierdie bladsy by die artikels) Hierdie webwerf is dus vir elke Celliers/Cilliers/Cillié en diegene wat ingetrou het in die familie en hul afstammelinge. 

Besoek die webwerf gerus en maak gebruik van alles daarop. Word ʼn lid. Dit kos niks! Plaas jou familiefoto’s in jou eie album in ons fotogalery, gesels met ander lede van ons groot familie op die Boodskapforum, plaas jou gunsteling resepte op die webwerf, en lees die interessante artikels oor ons voorgeslagte en latere geslagte. Ons gaan ook binnekort met ʼn nuusbrief vir ons lede begin! 

Indien jy jou familie op ons webwerf wil sien, voltooi asseblief die familievorm onder die artikelafdeling en stuur dit per epos, faks dit of pos dit aan my. Al die adresse en telefoonnommers sal jy hier onder sien. 

Hierdie webwerf is geskep deur van MyHeritage.com gebruik te maak. Dit is ʼn wonderlike stelsel om te gebruik en maak dit vir iedereen soos ek en jy, moontlik om ʼn familie- of selfs ʼn gesinswebwerf te skep en op die Internet te publiseer. Indien jy enige kommentaar of terugvoer wil lewer, oor dié webwerf, klik asseblief hier om my te kontak. 

Ons stamboom is op hierdie webwerf. Klik net op Family Tree op die nutsbalk hierbo. Daar is tans 245 name in ons stamboom. Die vroegste geboortedatum hierop is die van Josué Cilliers (ongeveer 1667) en die jongste is die geboorte van Jean Joshua Clark (6 Julie 2007). Die webwerf word gereeld opgedateer en het tans 5 geregistreerde lede. 

Geniet dit! 

Jan Cilliers, Ons Herberg 44A, Eerstelaan, Bronkhorstspruit 1020 Gauteng Suid-Afrika Tel. 27139323020 Sel 27834634051 Faks 0866905862 Stuur epos aan my hier


Go to family tree

Go to family photos
Family news
Oct 27, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: prinsloo Web Site
Jan Engelbrecht joined another family site: Hunter Web Site
Oct 16, 2014
helena smit joined another family site: Janse van Rensburg Web Site
Oct 05, 2014
Adri Vermaak Winckler joined another family site: Van Schalkwyk/Prigge Familie Webtuiste
Oct 04, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: Van Wyk Familie
Sep 20, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: Engelbrecht Web Site
Sep 19, 2014
Jan Cilliers joined another family site: Family Swart Web Site
Francois Swart submitted a request to become a member.
Sep 10, 2014
Adri Vermaak Winckler joined another family site: Ulężałka Web Site
Sep 05, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: MALUNGISA Web Site
Aug 31, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: HN Engelbrecht Web Site
Aug 23, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: Estelle Lamprecht Web Site
Aug 16, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: Engelbrecht Familie Webtuiste
Aug 08, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: Joone Web Site
Aug 07, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: Our Extended Family Website
Aug 01, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: Keeling Web Site
July 31, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: Biewenga Web Site
July 28, 2014
Nantes Kruger joined another family site: Schippers Family Web Site
July 22, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: ENGELBRECHT Web Site
July 19, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: 6 Degrees of Separation
July 18, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: Bronkhorst Web Site
July 17, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: Engelbrecht Web Site
July 16, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: Michael Johannes Taljaard Family leg
Jan Engelbrecht joined another family site: Pistorius WorldWide
July 13, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: MICHAU Web Site
Jan Engelbrecht joined another family site: Vosloo Web Site
June 30, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: Brunette Web Site
June 28, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: Engelbrecht Stamboom Web Site
June 12, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: West Web Site
May 31, 2014
Jan Engelbrecht joined another family site: Lamprecht Web Site
 
View older news
News articles
Genealogy:Die eerste Jan Cilliers se geskiedenis
Posted by: Jan Cilliers on Oct 27 2008 09:04

Jan is ongeveer 1702 gedoop; verdere besonderhede oor sy doop is onbekend aangesien die Paarl se doopregisters vir die tydperk 702 tot 1714 onvolledig is.

Hy word eers na sy huwelik en die doop van sy oudste drie kinders op 29 September 1734 as lidmaat van die Paarl se gemeente aangeneem.

Hy bly saam met sy ongetroude broers en susters by sy ma op die plaas totdat hy 5 Desember 1728 toe hy 26 jaar oud was, in die Paarl met Anna Marais, die weduwee van Gabriel Rossouw trou. So begin hy sy huwelikslewe met drie stiefkinders; twee seuns en 'n dogter tussen die ouderdomme van 2 en 4 jaar.

Sy stiefdogter Anna Rossouw trou in 1744 met sy jonger broer Abraham (b7) terwyl sy stiefseun Gabriel Rossouw in 1747 met sy suster Francina (b5) se dogter Elisabeth le Roux trou en na haar dood hertrou Rossouw in 1748 met Jan se suster Elisabeth (b4) se dogter Maria Elisabeth Malherbe.

Uit die huwelik tussen Jan Celliers en Anna Marais word agt kinders gebore, drie seuns en vyf dogters waarvan een dogter Elisabeth (c2) en een seun Daniel (c7) beide op ongeveer twee-jarige ouderdom oorlede is. A1 die kinders is in die Paarl gedoop.

Anna Marais se eerste man het die plaas Druiwevallei in die distrik Agter Groenberg naby Wellington besit waar hy met 30 beeste en 50 skape geboer en ook koring gesaai het.

Met haar huwelik met Jan Celliers word die plaas van 30 morg Jan se eiendom. Hy gaan aanvanklik voort met die boerdery wat Gabriel Rossouw begin het en saai ook rog en gars. In 1735 plant hy 5,000 wingerdstokke aan en in die daaropvolgende jare produseer hy jaarliks tot 20 leers (1 1,547 liter) wyn.

Op 27 September 1743 word 'n addisionele stuk grond van 36morg 571 vk roede aan Druiwevallei toegeken.

Anna Marais erf in 1744 die plaas 63 Kykuit in Daljosafat (55 morg 415 vk roede)van 'n ongetroude neef, Charles Marais, wat ook Jan se eiendom word. Die getal wingerdstokke wat hy besit vermeerder na hierdie erflating van 5,000 tot 20,000.

Klik hier vir foto's van die huis op De Kykuit. Daar word steeds op die plaas wyn verbou.

Jan Cellier bly die eienaar van albei die plase tot en met sy dood ongeveer 1755.

Net voor sy dood besit hy, benewens die wingerdstokke, 12 perde, 30 beeste, 300 skape asook 11 slawe en 1 slavin.

Kort na haar man se dood verkoop Anna die plaas Druiwevallei aan Petrus Louw, die toekomstige skoonpa van twee van haar kleinseuns, en boer tot en met haar dood op 11 Januarie 1765 op Kykuit. Sy staak egter die aanplanting van gesaaides in 1757.

Na haar dood erf haar oudste Celliers seun, Jan (cl) die plaas Kykuit teen 'n bedrag van 6,000 gulden Indiese valuta en na sy dood, sowat 'n jaar later, word dit die eiendom van haar enigste oorlewende seun Josua Care1 Cellier.

(Uittreksel uit Hugenote Bulletin 36 van 1999 : Die B-geslag van die Cellier-familie, deur Marianna Olivier)

0 Comments|286 Views|View full article
Family stories:Die kinders van Josue Cellier en Elizabeth Couvret - die 2de geslag in Suid-Afrika
Posted by: Jan Cilliers on Aug 24 2008 03:57

bl : Josue is kort na sy ouers se aankoms in Suid-Afrika op 2 Januarie 1701 in die Paarl gedoop. Hy het tot op 42-jarige ouderdom saam met sy twee ongetroude broers, Abraham (b7) en Pieter (b8), by sy ma, Elizabeth, op die familieplaas, Orleans, geblyen ná haar dood, in ongeveer 1743, het hy na die Wellington omgewing verhuis, waar hy by sy suster Elizabeth (b4) en haar gesin ingewoon het. Op 19 April 1770 is hy as vrygesel op 69-jarige leeftyd oorlede. Volgens sy opgaafrolle van 1723 tot 1769 het hy tydens sy leeftyd nie veel meer as 'n perd, 'n snaphaan, 'n pistool en 'n swaard besit nie.

As oudste seun wat juis op die plaas gewoon het, sou ʼn mens verwag het dat hy dit sou erf, maar sy jongste broer Pieter (b8), het Orleansgeërf, terwyl sy broer, Abraham (b7), die meeste van die vee geërf het. 'n Mens kan gevolglik hieruit maar net spekuleer dat Josue moontlik verstandelik gestremd was.

b2 : Jan is ongeveer 1702 gedoop. Nadere beson-derhede oor sy doop is nie bekend nie, aangesien die Paarl se doopregisters vir die tydperk 1702 tot 1714 onvolledig is. Hy is eers ná sy huwelik en die doop van sy oudste drie kinders op 29 September 1734, as lidmaat van die Paarl-gemeente aan-geneem. Hy het saam met sy ongetroude broers en susters by sy ma op die plaas gebly totdat hy op 5 Desember 1728 op 26-jarige ouderdom in die Paarl met Anna Marais, die weduwee van Gabriël Rossouw, getroud is. Anna het drie kinders van Gabriël gehad en Jan het dus sy huwelikslewe met drie stiefkinders - twee seuns en 'n dogter, tussen die ouderdomme van 2 jaar en 4 jaar - begin.

Sy stiefdogter, Anna Rossouw, het in 1744 met sy jonger broer, Abraham (b7), getrou, terwyl sy stiefseun, Gabriel Rossouw, in 1747 met sy suster Francina (b5), se dogter, Elisabeth le Roux, getroud is. Ná haar dood is Rossouw in 1748 met Jan se suster, Elisabeth (b4) se dogter, Maria Elisabeth Malherbe getroud.

Uit die huwelik tussen Jan Celliers en Anna Marais is agt kinders gebore - drie seuns en vyf dogters – gebore, waarvan een dogter, Elisabeth (c2), en een seun Daniel (c7), op sowat twee-jarige ouderdom oorlede is. Al die kinders is in die Paarl gedoop.

Anna Marais se eerste man het die plaas Druiwevallei in die distrik Agter Groenberg, naby Wellington, besit waar hy met 30 beeste en 50 skape geboer en ook koring gesaai het. Met haar huwelik met Jan Celliers het die plaas van 30 morg Jan se eiendom geword.

Hy het aanvanklik met die boerdery voort gegaan wat Gabriel Rossouw begin, maar het ook rog en gars gesaai. In 1735 het hy ook 5 000 wingerd-stokke aangeplant en in die daaropvolgende jare tot 20 lêers (11 547 liter) wyn per jaar geproduseer.

Op 27 September 1743 is 'n bykomende stuk grond van 36 morg en 571 vk roede aan Druiwevallei toegeken. In 1744 het Anna Marais die plaas, Kykuit, in Daljosafat van 55 morg en 415 vk roede, van 'n ongetroude neef, Charles Marais, geërf wat ook Jan se eiendom geword het. Die getal wingerd-stokke wat hy besit het, het ná hierdie erflating van 5 000 tot 20 000 toegeneem.

Jan Cellier het die eienaar van albei dié plase tot en met sy dood ongeveer 1755 gebly. Net voor sy dood het hy, benewens die wingerdstokke, ook nog

12 perde, 30 beeste, 300 skape, asook 11 slawe en 1 slavin besit.

Kort na haar man se dood het Anna Druiwevallei aan Petrus Louw, die toekomstige skoonpa van twee van haar kleinseuns, verkoop. Sy het tot en met haar dood op 11 Januarie 1765 op Kykuit geboer, maar die saaioerdery in 1757 gestaak. Ná haar dood het haar oudste Celliers-seun, Jan (cl), die plaas Kykuit teen 'n bedrag van 6 000 gulden in Indiese valuta geërf en na sy dood, net sowat ʼn jaar later, het dit die eiendom van haar enigste oorlewende seun Josua Carel Cellier geword.

b3 : Pierreis op 10 November 1703 in die Paarl gedoop. Hy is voor 1712 oorlede, maar dit is onbekend presies wanneer hy oorlede is.

b4 : Elizabethis op 26 Julie 1705 in die Paarl gedoop en is saam met haar man op 17 September 1724 as lidmaat van die Paarl-gemeente aangeneem. Sy is op in ongeveer 1724 met die 29- jarige Pierre Malherbe getroud. Hul presiese huweliksdatum is onbekend, aangesien die Paarl se huweliksrekords tussen 1721 en 1724 verlore geraak het.

Pierre Malherbe was die enigste oorlewende seun van die Malherbe-stamouers en die Malherbe-naam is deur hom voortgedra. Al die Malherbes van Suid-Afrika het dus Cellier-bloed in hul are. Elizabeth is dan ook die stammoeder van Suid-Afrika se Malherbes.

Ses kinders - drie seuns en drie dogters - is uit dié huwelik gebore. Al die kinders is in die Paarl gedoop, die naaste gemeente aan Wellington waar hulle gewoon het.

Die plaas Hexherg in die distrik Wellington van 30 morg en 60 vk roede, wat sedert 1712 in Malherbe-besit was, is op 8 September 1734 opPierre Malherbe se naam oorgedra, maar volgens sy opgaafrolle het hy reeds voor 1734 op die plaas geboer. In 1726 het hy, volgens die opgaafrolle, 2 perde, 20 beeste, 50 skape en 2 varke besit.

In 1729 het hy 2 000 wingerstokke aangeplant en later nog meer sodat daar met sy dood tot 10 000 windgerstokke op die plaas was. Hy het ook koring, rog en gars gesaai.

Daar is aanvanklik min wyn op die plaas geproduseer, maar in latere jare het die produksie van wyn op die plaas tot so hoog as 20 lêers (11 547 liter) wyn per jaar gestyg.

Ná haar man se dood om en by 1756, het Elizabeth die boerdery tot en met haar dood in ongeveer 1778 voortgesit, maar het opgehou met saai. Met haar dood, het die getal wingerdstokke op die plaas reeds op 26 000 gestaan. By haar afsterwe het die plaas die eiendom van haar kleinseun, Gabriel Rossouw,geword.

b5 : Francina (Francoise) is op 30 Oktober 1706 in die Paarl gedoop en op 25 Junie 1724 as lidmaat aangeneem. Syhet op 12 April 1727 op 21-jarige ouderdom in die Paarl met die 23-jarige Pierre le Roux getrou. Hulle het tien kinders gehad - vyf seuns en vyf dogters - wat 'n tweeling dogter en seun ingesluit het.

Al die kinders is in die Paarl gedoop, wat in daardie stadium hul naaste gemeente aan Franschhoek was, waar hulle gewoon het.

In 1737 is twee van hul dogters jonk oorlede - Madgdalena en Susanna – wat onderskeidelik sowat 2 jaar en 1 jaar oud was.

Francina en haar man het op die plaas La Terra de Luc van 60 morgnet buite Franschhoek geboer wat hy van sy stiefouma, Jeanne Mille, geërf het. Op die plaas was sowat 12 000 wingerstokke wat jaarliks tot 25 lêers (14 434 liter) wyn opgelewer het.

Voorts het hulle ook 30 beeste en 100 skape aangehou, asook ʼn aantal perde. Hulle het ook koring en rog gesaai.

Ná haar man se dood op 24 Februarie 1767, het Francina met die boerdery tot in 1775 voortgegaan waarna haar seun, Abraham Josua le Roux, die plaas geërf het. Francina het waarskynlik op die plaas gebly soos in haar testament bepaal is, totdat sy op 23 November 1782 op76-jarige ouderdom oorlede is.

b6 : Maria is in ongeveer 1708 gedoop. Die presiese datum van haar doop is onbekend, aangesien die Paarl se dooprekords tussen 1702 en 1714 onvolledig is. Sy is op 8 Maart 1726 as lidmaat van die Paarl-gemeente aangeneem.

Maria is die enigste van die stamvader se kinders wat nie met ʼn Hugenote-afstammeling getroud is nie. Sy is op 7 September 1732 in die Paarl met die Hollander, Johannes Hubertus, getroud wat van Amsterdam af gekom het as ʼn soldaat in diens van die Vereenigde Hollandse Oos-Indiese Kompanjie (VOC). Hy is in 1735 oorlede en 'n paar maande later is sy vir die tweede keer in die Paarl in die huwelik op 8 Mei 1735 bevestig, dié keer met 'n

Duitser, Urbanus Sauermann. Hy het van Muhlbeck in Duitsland in 1726 in die Kaap aangekom en was ook as soldat in diens van die VOC. In 1734 het hy ʼn vryburger geword.

As vryburger het Urbanus as ʼn boukneg en later as saalmaker in die Paarl sy brood verdien. Geen kinders is uit Maria se eerste huwelik gebore nie en nadat sy reeds sewe jaar met Urbanus Sauermann getroud was, is hul enigste seun gebore en twee jaar later hul enigste dogter. Albei die kinders is in die Paarl gedoop.

Sauerman het in 1738 die kleinerige plasie, Pontuk van net 2 morg en 6 vk roede, in die Paarl van Jan Labuschagne gekoop. Hier het hy tot in 1768 gewoon toe hy dit aan Johann Christoph Dennert verkoop het.

Die enigste rekord van ʼn boerdery op dié klein stukkie grond is in die opgaafrolle van 1740 tot 1744 gevind toe Sauermann van 4 000 tot 6 000 wingerdstokke besit het waarvan hy 14 lêers (8 083 liter) wyn in 1744 geproduseer het. In dieselfde tydperk het hy ook 50 skape en 'n aantal perde besit, terwyl hy in 1743 sewe slawe, een slavin en drie slaweseuns in sy besit gehad het.

Maria Cellier is op 26 Februarie 1769 op 61-jarige ouderdom in die Paarl oorlede, terwyl haar tweede man dertien jaar later, ook in die Paarl, op 4 Augustus 1782 te sterwe gekom het.

b7 : Abraham is op 21 September 1709 in die Paarl gedoop. Hy het saam met sy twee ongetroude broers by sy ma op die plaas tot en met haar dood in ongeveer 1743 gebly en het die meeste van die vee op die plaas geërf, naamlik 2 perde, 26 beeste en 100 skape.

Op 6Desember 1744 is hy op 35-jarige ouderdom met die 18-jarige Anna Rossouw, getroud, die dogter van sy skoonsuster Anna Marais, die vrou van sy broer, Jan (b2), uit haar eerste huwelik.

Abraham was ʼn rondtrekkende veeboer wat by tye 40 beeste en 300 skape besit het. Hy was ook die eerste Cellier wat die Drakenstein-omgewing verlaat en oor die berge getrek het – by tye tot sover as die die distrik Swellendam.

In 1768 is hy aangestel as opsiener van 'n drif

van "Willem deplooij oor de nieuwe drift van

de Brede Rivier tot onder Jacob Hugot".

Altesaam twaalf kinders is uit sy huwelik met Anna

Rossouw gebore - drie seuns en nege dogters. Die oudste nege kinders is in die Paarl gedoop en die twee jongstes in Tulbagh. In die begin van 1772 het drie van sy dogters binne 'n tydperk van 15 dae gesterf, naamlik Maria (c3), Elisabeth (c7) en Judith Aletta (c12), wat onderskeidelik 21, 13 en 2 jaar oud was. Daar was by tye pokke-epidemies aan die Kaap en dit is moontlik dat hierdie drie kinders die slagoffers van so 'n epidemie was. Die 72-jarige Abraham Cellier is op 2 Desember 1781 in Tulbagh oorlede.

b8 : Pieter is op 16 Augustus 1711 in Stellenbosch

gedoop hoewel sy ouers in die Paarl gewoon het. Op 22 Oktober 1747 is hy as lidmaat van die Paarl-gemeente aangeneem.

Hy was maar 10 jaar oud toe sy pa oorlede is en 17 toe sy broer Jan (b2) op sy eie plaas begin boer het. Hy het sy hele lewe lank op Orleansgewoon en saam met sy ongetroude broers, Josue(bl) en Abraham (b7), by hul ma gebly tot en met haar dood in ongeveer 1743.

sy ma se dood het hy die plaas met sowat 10 000 wingerdstokke daarop geërf, terwyl Abraham die meeste van die vee geërf het. Pieter het ook 2 slawe, 1 perd, 10 beeste en 50 skape geërf. Waar syma nog koring en rog aangeplant het, het hy net in 1744 net koring gesaai en daarna heeltemaal opgehou met saai.

Hy het tot en met sy dood 20 beeste op die plaas aangehou en tot en met 1758 ʼn 100 skape. Hy het jaarliks tot 30 lêers (17 320 liter) wyn geproduseer en teen die einde van sy lewe het die getal wingerdstokke op Orleans tot 20 000 vermeerder. Hy het ook 7 slawe besit.

Pieter is in ongeveer 1792 op 81-jarige ouderdom

as vrygesel oorlede. Anna Minnaar, die weduwee van sy suster Magdalena (bll) se seun Josua le Roux, het die plaas in 1788 geërf, volgens Pieter se testament wat vier jaar voor sy se dood opgestel is. Hiervolgens moes Anna die plaas oor sewe jaar afbetaal teen 1 000 gulden in Indiese valuta per jaar. Sy het hierbenewens ook ʼn sesde deel van die jaarlikse inkomste uit wynverkope van die plaas geërf.

Anna Minnaar is in 1794 met vir die tweede keer getroud – dié keer met Jacobus Jeremias Coetzer, wat die plaas in 1801 aan Andries Francois du Toit verkoop het. Só het Orleans, die Cellier-familieplaas, na 89 jaar in vreemde hande beland.

b9 : Susanna is op 24 Septemeber 1713 in die Paarl gedoop en op 13 Maart 1729 word sy as lidmaat van hierdie gemeente aangeneem. Sy is nooit getroud nie en het op op 14 Julie 1733 op 20-jarige ouderdom in die Paarl gesterf.

b10 : Judith is op 1 Maart 1716 in die Paarl gedoop en op 14 Oktober 1732 as kerklidmaat van hierdie gemeente aangeneem. Sy was ongetroud en is op 24 Julie 1733 op 17-jarige leeftyd in die Paarl oorlede.

b l l : Magdalenais op 26 Desember 1717 in die Paarl gedoop en is op 14 Oktober 1732 as lidmaat van hierdie gemeente aangeneem. Sy is op 29 April 1736 op 19-jarige ouderdom in Stellenbosch getroud met die 30-jarige Pierre le Roux, ʼn neef en naamgenoot van haar suster Francina (b5), se man wat op ʼn nabygeleë plaas in Franschhoek, La Terra de Luc, boer.

Elf kinders is uit hierdie huwelik gebore - ses seuns en vyf dogters. Almal is in die Paarl gedoop, die naaste gemeente aan Franschhoek, in daardie stadium.

In 1736 het haar man die gevestigde wynplaas, La Mottein Franschhoek van 61 morg en 200 vk roede gekoop na die dood van die vorige eienaar, Pierre Jordaan. Op dié plaas was sowat 10 000 wynstokke waarvan jaarliks tot 8 lêers (4 619 liter) wyn geproduseer is. Hulle het ook 20 beeste en 'n paar perde aan gehou. In enkele jare het hulle ook koring gesaai.

Voorts het die egpaar ook een tot drie slawe en 'n slavin besit.

Ná haar man se afsterwe op 26 April 1771, het Magdalena op die plaas aangebly totdat sy dit in 1776 aan Johannes Jacobus Conterman verkkop het.

Magdalena is eers drie jaar later, 7 Februarie

1780, op 63-jarige leeftyd oorlede en dit is

onbekend wat van haar en haar vyf

ongetroude kinders geword het pas nadat sy

die plaas verkoop het. Dit is moontlik dat

hulle, asook haar seun Josua en Josua se vrou,

Anna Minnaar, na die oorspronklike familieplaas,

Orleans,verhuis het waar haar broer, Pieter (b8), nog geboer het.

Josua is in ongeveer 1787 oorlede en sy weduwee, Anna Minnaar, word die jaar daama die eienaar van

die Cellier-familieplaas, Orleans.

Bronne

Gepubliseeerde bronne

De Jongh, P.S. 1987. SarelCilliers. Pretoria: Perskor.

De Villiers, G.C. en C. Pama. 19x1. Geslagregisters van Ou

Kaapse Families. Kaapstad Balkema.

Le Roux, J.G. 1988. Hugenotebloed in ons are. Pretoria: RGK.

Le RouxW.G. en J.G. 1998. Orleans in die DrakensteinVallei.

Hugenote Bulletin 35, pp 30-32.

Ongepubliseerdehronne

Drakensteinse Heemkring, Paarl

Kaapse Argiefbewaarplek

P.E. Genealogiese navorsingsgroep

(Met dank aan Mariana Olivier en die Hugenotevereniging van Suid-Afrika - Verwerk uit Buletin 36 van 1999 bladsye 63-69)

0 Comments|360 Views|View full article
Family stories:Vansverandering van Cellier na Celliers, Cillié en Cilliers
Posted by: Jan Cilliers on Aug 23 2008 12:07

Die verandering van Josué Cellier se nageslag se van van Cellier na Celliers, Cillié en Cilliers kon nie aan 'n spesifieke tyd of geslag gekoppel word nie. Selfs op die dokumente wat vir Josué nagegaan is, word sy van benewens Cellier, ook as Celliers, Sellier, Selliers, Siljee, Silliers, Sollier en Zilie gespel.

Vir die volgende drie geslagte (b, c en d-geslagte) is die spelling van Josué se nasate se van legio, onder andere Celie, Celje, Cellie, Cellier, Celliers, Cielje, Cilie, Cilje, Cilli, Cillie, Cillier, Cilliers, Cillje, De Cilliers, De Silliers, Seliee, Seliers, Selje, Sellie, Sellier, Sielje, Silie, Silje, Siljee en Silliers.

Dit is eers vanaf die vierde geslag (e-geslag) dat die spellings Celliers, Cillié en Cilliers meerendeels gebruik is, maar van die voorgemelde variasies het steeds voorgekom. Daar kon ook nie altyd bepaal word watter spelling ‘n spesifieke persoon gebruik het nie omdat spelling dikwels van dokument tot dokument verskil en dit het tot in die 1900's nog voorgekom. Voorts was 'n bepaalde spelling ook nie altyd deur al die lede van 'n gesin en hul nageslag gebruik nie.

Cillié

Verskillende spellings, wat ook by voorname en familievanne voorkom, kan bes moontlik toegeskryf word aan die feit dat daar in daardie jare geen spelreëls was nie en elke amptenaar dít wat hy gehoor het, foneties neergeskryf het. Alhoewel die Cillié-spelling in die registers van verskeie gemeentes voorkom, is die vroeëre algemene gebruik daarvan opvallend plekgebonde. Die eerste persoon wat as `n Cillié gedoop is, was Charl Josua (b2c6d7) wat op 13 Mei 1781 as Sarel Joshua in die Paarl gedoop is en daarná word die Cillié-spelling algemeen in die Paarl gebruik.

In Malmesbury wat reeds sedert 1745 bestaan, is die Cillié-spelling eers algemeen vanaf 1823 gebruik en die volgende twee gemeentes waar hierdie spelling algemeen gebruik is, het albei van Malmesbury afgestig, naamlik Piketberg in 1833 en Riebeek-Wes in 1858. `n Ander opvallende fonetiese spelling wat in die Malmesbury-registers voorkom, is Johannes wat as Juannes gespel word en Johanna as Juanna.

Cilliers is die spelling wat die meeste teëgekom is.

Celliers en CIlliers

Die eerste afstammeling van Jan (b2) wat die Celliers spelling algemeen gebruik het, was Jacob Daniel (b2c1d1e1f4) en daarna sy nageslag, maar Jacob Daniel se twee broers en hul nageslag het weer hul van as Cilliers gespel. Onder die nageslagte wat die Kaap-Kolonie verlaat het, wil dit voorkom asof die Celliers-spelling algemeen in die Lichtenburg- en Vryburg-omgewings gebruik is terwyl die Cilliers-spelling weer in die Groot Marico-omgewing asook in die Oranje Vystaat en Natal gebruik is. By Abraham (b7) se afstammelinge wat in die Kaap-Kolonie gebly het, is die Celliers-spelling net by enkele lede van 'n gesin teëgekom, maar hierdie spelling is dikwels nie behou nie.

Hoewel die Cillié-spelling wel op dokumente van Abraham (b7) se afstammelinge voorkom, is die spelling nie behou nie. Hierdie spelling is slegs deur sommige van Jan (b2) se afstammelinge behou. Die eerste afstammeling van Jan (b2) waar hierdie spelling algemeen deur 'n gesin gebruik is, is by sommige van die kinders van Petrus (b2c1d2), maar selfs hier wissel die spelling op dokumente vir dieselfde persoon nog tussen Celliers, Cillié, Cilliers asook sommige van die voorgemelde variasies. Sover vasgestel kon word, is sy seun Petrus Johannes (b2c1d2e2) se nageslag die enigste wat die Cillié spelling behou het terwyl sy seun Johannes Arnoldus (b2c1d2e6) se nageslag hul van as Celliers, Cillié en Cilliers spel.

(Met dank aan Mariana Olivier)


0 Comments|212 Views|View full article
Genealogy:Family Form
Posted by: Jan Cilliers on Aug 11 2008 13:41

Table of ancestors and relatives

The information and photos you provide here will be used in a book about the Celliers/Cilliers/Cillié Family, so please be as complete as possible, but do not guess.

The people in bold print in table two are important. They have the same surname as you.

Always use a woman's maiden name only. This is very important.

Fill in what you can and leave the rest. Ask your uncles, aunts and other relatives to help you, and remember to ask them for photos, which can be copied by scanning or by being photographed with a digital camera.

Father, mother and children

(Again and again)

Describe all the Celliers/Cilliers/Cillié families you know. Begin with yourself, your husband or wife and your children. Then follows each child and their wives, and children. Then continue with your brothers and sisters and their families. Do all the Celliers/Cilliers/Cillié families you know, Cousins, uncles, aunts and even the Celliers/Cilliers/Cillié families that are not related to you.

If you do not know the names of the parents, then do a family of just the children (eg, your father or grandfather's brothers and sisters).

In this table you will often name the same person twice: Once as parent in his own family, and a second time as a child in his parents' family. Refer to that person's number: eg "as 3 above".

Make many whole families, Husband, wife and children, for all the Celliers/Cilliers/Cillié people you know. Leave a line open between families.

Make your own numbers in this table

Ancestral relationship (See table two)

Full names and SURNAMES (IN CAPITALS)

Birth, Date and place

Marriage, date and place

Death, date and place

Photo included? Yes/no

About this person, occupation, where they lived, fame, scandal, war, university degrees, talents, prizes, travel, hobbies, achievements, disasters

1.

My father

2.

My mother

3.

Their 1st child

4.

Their 2nd child

(Copy and paste blank lines to make more lines)

More Celliers/Cilliers/Cillié Families

Myself, my husband or wife and our children. My brothers and sisters, their spouses and children. My uncles and aunts and their families. Grandpa, grandma, and their children.

Make your own numbers in this table

Ancestral relationship (See table two)

Full names and SURNAMES (IN CAPITALS)

Birth, Date and place

Marriage, date and place

Death, date and place

Photo included? Yes/no

About this person, occupation, where they lived, fame, scandal, war, university degrees, talents, prizes, travel, hobbies, achievements, disasters

Myself

My Husband or wife

Our 1st child

Our 2nd child

0 Comments|107 Views|View full article
Family stories:Josue Cellier en Elsabet Couvret se storie
Posted by: Jan Cilliers on Aug 11 2008 13:31

Die verhaal van Stamvader Josué Celliers en sy vrou Elisabeth COUVRET

Josué Cellier was een van die latere Hugenote-vlugtelinge wat na Suid-Afrika gekom het. Hy het oorspronklik uit Orléans, Frankryk, gekom.

Volgens beskikbare bronne is hy in ongeveer 1667 daar gebore. Hy was moontlik die seun van Josué Cellier en Judith Rouilly wat `n seun Nicolaas, in die naburige dorpie Bazoches-en-Dunois laat doop het. Elisabeth Couvret is nege jaar later in ongeveer 1676 ook in Orléans gebore.

Kaart van Frankryk met Orleans waar stamvader Josué Cellier vandaan kom. Klik op die kaart vir ʼn groter weergawe

Bronne verskil oor wanneer Josué en Elisabeth Frankryk verlaat het. Volgens een bron was dit in 1685, ná die herroeping van die Edik van Nantes, toe Josué 18 jaar oud was en Elisabeth 9. Hierdie edik het vir bykans `n honderd jaar `n mate van godsdiensvryheid aan die Protestantse Christine verleen en die herroeping daarvan het ʼn oormatige vervolging van die Protestante tot gevolg gehad. Volgens `n ander bron het hulle Frankryk in 1697 verlaat na die beëindiging van die negejarige oorlog tussen Nederland en Frankryk toe hulle onderskeidelik 30 en 21 jaar oud was.

Dit is nie seker of hulle wel in Frankryk getroud is nie..

Simon van der Stel het in 1679, pas na sy aanstelling as goewerneur aan die Kaap, `n versoek tot die Here XVII, direkteure van die Vereenigde Hollandse Oos-Indiese Kompanjie (VOC), gerig dat boere toegelaat moet word om na die Kaap te kom. Aangesien die Kaap net as `n verversingspos beskou is, is sy versoek geweier. Die toenemende getal Franse vlugtelinge wat na Nederland gestroom het ná die herroeping van die Edik van Nantes, het egter tot `n beleidsverandering gelei wat dit vir Josué en Elisabeth moontlik gemaak het om na die Kaap te verhuis.

Persone wat oorweeg sou word om na die Kaap te kom, moes selfonderhoudend wees en Josué, met sy kennis van landbou, wynbou en sy vaardigheid as timmerman, het hieraan voldoen. Verskeie voorwaardes is ook gestel, onder meer dat:

·Hulle kosteloos op die skepe van die VOC vervoer sou word, mits `n eed van getrouheid aan die Kompanjie afgelê word.

·Geen bagasie, behalwe dié wat vir eie gebruik nodig was, saamgeneem kon word nie. Hule kon egter soveel kontantgeld met hullesaam bring as wat hulle wou.

·Landbouers sou soveel grond kry as wat hulle kon bewerk, terwyl landbougereedskap, koringsaad en vee aan hulle verkoop sou word.

·Hulle sou verplig wees om vir vyf jaar aan die Kaap te bly, maar kon met die nodige motivering `n versoek tot die Here XVII, die hoogste gesag van die VOC, rig om die tydperk te verkort.

·Indien hulle na vyf jaar weer na Nederland wou terugkeer, moes hulle teen `n vasgestelde tarief die reisgeld betaal en kon hulle niks uit die Kaap saam bring nie, behalwe dit wat hulle aan hul persoon gehad het.

Die skepe waarmee die vlugtelinge oorgekom het, was oor die algemeen maar klein en passasiers het gewoonlik in kajuite (hutte genoem) onder die agterdek gewoon sonder enige wasgeriewe. Op die dek bokant die passasIers is gewoonlik hoenders en ander lewende hawe vir die reis aangehou. Klik hier vir ʼn foto van so ʼn skip.

Voedsel wat aan boord geneem is, is noukeurig deur die VOC gespesifiseer. Dit het bestaan uit brood, ingelegde vleis, stokvis en soutvis, ingelegde haring, bier, Franse en Spaanse wyn, brandewyn, botter, olie, asyn, lemmetjiesap, stroop vir ontbyt en vir die bier, pruimedante, rysgort, grou- en groenertjies, mosterdsaad, mierikwortel en sout.

Kos, water en bier het betreklik gou bederf terwyl wyn langer goed gebly het. Skeurbuik, wat hoofsaaklik deur die gebrek aan vars voedsel veroorsaak is, het algemeen voorgekom en het bygedra tot `n hoë persentasie sterfgevalle tydens `n seereis. Voorts was daar nog gevare soos storms, brand en aanvalle deur seerowers.

Die eerste Franse vlugtelinge het aan die einde van 1687 uit Nederland vertrek en in 1699 is die VOC versoek om nie meer Franse Kaap toe te stuur nie. Dit is dus onseker of Josué en Elisabeth onder die voorgemelde voorwaardes na die Kaap gekom het en of hulle dit op eie inisiatief gedoen het. Hulle het op 2 Mei 1700 aan boord van die Reygersdaal vanaf Goeree, `n Suid-Hollandse eiland. vertrek. Saam met hulle aan boord was Elisabeth se broer, Paul Couvret, sy vrou Anne Valleté, en hul dogtertjie.

Vir beter beskerming het `n aantal skepe gewoonlik saam uitgevaar, maar daar kon nie vasgestel word of enige ander skepe saam met die Reygersdaal uitgevaar het nie. `n Reis na die Kaap het in daardie jare enigiets van drie tot ses maande geduur en die Reygersdaal het op Saterdag 21 Augustus 1700, in die Kaap aangekom, maar moes tot die volgende middag buite die hawe voor anker lê. ‘Op de naarmiddag' van Sondag 22 Augustus anker hulle in die hawe onder een slap zuyd west luchtj', lui ʼn inkrywing in die VOC-dagboek wat aan die Kaap gehou is.

Die skipper van die Reygersdaal, Martin de Jeught, het met hul aankoms aan die Kaap gerapporteer dat net ʼn enkele sterfgeval tydens die seereis van meer as 3½ maand aan boord voorgekom het. Daar was voorts ook agt siekes aan boord wat die indruk skep dat Josué en Elisabeth se vaart sonder enige buitengewone voorvalle afgelê is.

Twee weke ná hul aankoms aan die Kaap het die Reygersdaal sy vaart na Batavia (Djakarta op die Indonisiese eiland Java) voortgesit. Klik hier om te sien hoe die Reigersdaal gelyk het.

Die Reigersdaal was nie ʼn baie groot skip nie. Dit was ʼn Pinas wat somtyds ook ʼn Jacht genoem is. Klik hier om ʼn beskrywing (kyk onder aan die blad vir nuusartikels) van die Reigersdaal te lees.

Josué en Elisabeth het elf kinders gehad, vyf seuns en ses dogters. Net Pierre (b3) sterf as kind terwyl Susanna (b9) en Judith (b10) binne tien dae na mekaar sterf; Susanna op 20-jarige ouderdom op 14 Julie 1733 en Judith op 19-jarige ouderdom op 24 Julie 1733.

Die oudste en jongste seuns Josué (b1) en Pieter (b8) is nooit getroud nie en sterf respektiewelik op 69-jarige en 81-jarige ouderdom. Die twee seuns deur wie die vanne Cellier, Celliers, Cillié en Cilliers voortgedra sou word, is Jan (b2), wat in 1728 met die weduwee, Anna Marais getroud is, en Abraham (b7) wat in 1744 met sy broer Jan se stiefdogter, Anna Rossouw getroud is.

Elisabeth (b4) trou in ongeveer 1724 met Pierre Malherbe, die enigste oorlewende seun van die stamvader. Sodoende is sy die stammoeder van alle Malherbes in die land. Francina (b5) is in 1727 met Pierre le Roux getroud en Magdalena (b11) in 1736 ook met `n Pierre le Roux, `n neef van haar suster Francina se man.

Maria (b6) is in 1732 met Johannes Hubertus, `n Hollander, en na sy dood in 1735 met Urbanus Sauermann, `n Duitser, getroud en is die enigste kind wat nie met `n Hugenote-afstammeling getroud is nie.

Die Paarl (toe bekend as Drakenstein) se kerk waarin Josué en Elisabeth se oudste kinders gedoop is, was weinig meer as `n saaltjie wat deur die Franse aanmekaar getimmer was en is na geweldige storms in Oktober 1716 sodanig beskadig dat dit onbruikbaar geword het. Totdat die nuwe kerk in 1720 in gebruik geneem is, is dienste aan huis van die predikant, ds Van Aken, gehou en hul jongste kind Magdalena is moontlik hier gedoop. Maria (b6) en Pieter (b8) is moontlik in Kaapstad en Stellenbosch gedoop omdat daar vanaf 1707 tot 1714 geen predikant in die Paarl was nie. Die twee kinders wat wel gedurende hierdie tyd in die Paarl gedoop is, is moontlik deur `n besoekende predikant gedoop.

Josué, sowel as Elisabeth, was, soos talle ander Hugenote, ongeletterd. Hoewel sommige geleer het om hul naam te teken en ook om te skryf, was Josué en Elisabeth skynbaar nie onder diegene nie. In 1720 maak Josué sy merk wanneer hy hul gesamentlike testament teken en wanneer Elisabeth in 1724 `n nuwe testament opstel, teken sy ook deur haar merk te maak. Lees hier die eerste blad van hul gesamentlke tesament.

Die peil van onderwys aan die Kaap was laag en Paul Roux, met wie Elisabeth na Josué se dood getrou het, is as onderwyser van die Franse gemeenskap in die Paarl aangestel. Huismeesters is ook deur sommige gesinne in diens geneem op ‘n kontrakgrodslag. Hul vergoeding het meestal bestaan uit 8 tot 14 gulden per maand, 1 tot 2 pond tabak, voedsel, drank, goeie huisvesting en soms klere aan die einde van die jaar.

Jacob Naudé wat in 1718 as matroos in die Kaap aangekom het, was eers vir ‘n jaar lank huismeester by Pierre Joubert teen ‘n vergoeding van 10 gulden en `n halwe pond tabak per maand, asook die gebruiklike voorsiening van kos, drank en goeie huisvesting. Op dieselfde dag wat hulle kontrak ten einde loop, 30 Mei 1719, gaan Josué Cellier ‘n kontrak met Jacob Naudé aan onder dieselfde voorwaardes behalwe dat hy nou ‘n halwe pond tabak per maand meer verdien. Hierdie kontrak het op 2 Mei 1720 verstryk. Lees hier ʼn transkripsie van die kontrak.

In haar testament van 1724 stel Elisabeth vir Jan (b2) as voog oor sy minderjarige broers en susters aan en bepaal dat hy ‘verpligt zijn’ om hulle eerlik op te voed en ook om hulle te laat leer, lees, skryf of `n handvaardigheid te laat aanleer. Dokumente wat deur vyf van haar kinders geteken is, is teëgekom; Elisabeth (b4) teken as Ei Cilje, Francina (b5) teken as beide Fransina Cellie en Fransina Celie, Maria (b6) as Mariecellier; Pieter (b8) as Piter Seliee en Magdalena (b11) as Madalena Cellie.

Of Josué en Elisabeth Hollands magtig was, is onbekend, maar hul kinders sou weens regeringsbeleid Hollands moes aanleer. Hierdie beleid het veroorsaak dat die Franse taal aan die Kaap in onbruik geraak en uitgesterf het. Nadat die eerste predikant van die Paarl, Pierre Simond, die Kaap in 1702 verlaat het, verklaar Goewerneur Willem Adriaan van der Stel hom bereid om te sorg dat die Franse taal in onbruik raak deur die gebruik van Hollands op skool en in die kerk in te stel. Vertoë is gerig omdat min mense `n preek in Hollands kon volg en daarna is twee dienste op `n Sondag toegelaat, een in Hollands en een in Frans, maar na 1726 word daar nie weer melding gemaak van Franse dienste nie.

Josué en Elisabeth vestig hulle aanvanklik op die plaas Het Kruijs Pad (Kruispad), naby Brackenfell, tans ‘n voorstad van Kaapstad, waar hulle tot ten minste 1709 gewoon het. (Om ʼn kaart te besigtig om te sien waar Kruispad geleë was, klik hier.

In Januarie 1708 ‘ten huijse van Josua Sellier geleegen aant kruispad tusschen de bottelerije en tijgerbergen’ het daar twaalf mense ‘zaaten en dronken’. `n Vryswarte wat op sy eie grond geboer het, Pieter Harmensz, algemeen bekend as Brasman, het daar aangekom en vir Jacob Bourbonnais, een van Josué se gaste, daarvan beskuldig dat hy sy sweep gesteel het. `n Onderonsie het ontstaan en Brasman het vir Bourbonnaise met `n mes gesteek en hom toegesnou: ‘Jou donders kind, daar heb je genoeg daar is bloed’. `n Eis vir skadevergoeding word ingestel, Bourbonnaise vir ongemak en pyn asook verlore tyd en Jacob Bisseux, in wie se huis Bourbonnais verpleeg is, vir sy verpleging en gepaardgaande uitgawes. Brasman se vonnis was om gegesel te word, skadevergoeding en kostes te betaal en hy is lewenslank uit die Kaap verban.

Nog `n insident waarby Josué betrokke was, was die ontevredenheid oor Goewerneur Willem Adriaan van der Stel se administrasie. Aanvanklik is VOC-amptenare nie toegelaat om te boer nie omdat hul mededinging die boere finansieel kon knak, maar teen die tyd dat Josué en Elisabeth in die Kaap aangekom het, het Van der Stel en bykans al die hooggeplaaste VOC-amptenare reeds op op hul eie plase geboer. Mettertyd het hulle ook tot die mark toegetree, wat alreeds swak was, gevolglik het die gewone boere met hul podukte bly sit. In 1706 word `n klagskrif van onder meer omkopery en afpersing teen Van der Stel en verskeie amptenare opgestel en Josué, asook Elisabeth se broer Paul Couvret, is van die mense wat dit onderteken.

Op sy beurt stel Van der Stel `n getuigskrif op wat tevredenheid met sy administrasie uitspreek en ook van sy goeie karakter en eerlikheid getuig. Persone wat weier om te teken word ondermeer gedreig dat hulle van hul grond ontneem sou word. Josué teken die getuigskrif - die inskrywing by sy merk lui : ‘het merke van Josue Siljee’.

Die meeste van die Hugenote wat geteken het, het later verklaar dat hoewel hulle ontevrede was met Van der Stel se wanbestuur hulle bang was dat hulle hul grond sou verloor. Moontlik was dit ook by Josué `n oorweging, aangesien hy in hierdie stadium nog nie sy eie plaas besit het nie. Die uiteinde van die klagskrif was onder meer dat Willem Adriaan van der Stel en van sy volgelinge van hul poste onthef en na Holland teruggeroep is. Klik hier vir die dokument met die ontevrede boere se handtekeninge daarop.

In 1709 is Josué nog in die opgaafrolle van die eertydse Distrik Stellenbosch opgeneem waaronder Kruispad geval het. Geen opgaafrolle het vir die jare 1710-1711 behoue gebly nie en dit is dus onseker waar hy en sy gesin gedurende hierdie tydperk gewoon het. Het Kruys Pad word op 15 Maart 1712 aan Josué toegeken, maar daar kan nie veel van hierdie datum afgelei word nie aangesien plase wat aan boere toegesê is, d.w.s toestemming verleen is om die grond te bewoon en te benut, dikwels eers etlike jare later aan hulle toegeken is, d.w.s hul eiendom geword het.

In 1712 toe Josué in die opgaafrolle van die eertydse distrik Drakenstein opgeneem is, het hy en sy gesin waarskynlik reeds op Orléans gewoon. (Orléans was geleë in die teenswoordige Dal Josafat Nywerheidsgebied in die Paarl. Dit tans bekend as New Orleans en is ʼn woongebied vir Bruin Mense. Die Palmietrivier wat deur die plaas gevloei het, is tans bekend as die Hugosrivier.)

Goewerneur Simon van der Stel was aanvanklik nie ten gunste van vestiging aan die oostekant van die Bergrivier nie en die gebied bekend as Klein Drakenstein, waar Orléans geleë was, word eers in 1692 amptelik oopgestel vir bewoning. Kort na sy aanstelling as goewerneur laat Willem Adriaan van der Stel plase opmeet, onder meer Orléans (57 morg 300 vk roede) en dit word in 1699 aan Matthieu Frachas toegesê. Josué koop Orléans by Frachas se opvolger Casper Jansz en die plaas word op 11 Oktober 1713 amptelik sy eiendom. Hier boer hy en Elisabeth tot en met hulle dood. (kyk hier op die kaart van die ou Kaap waar Orleans in die Paarl gelê het)

‘n Dokter (chirurgyn) Gideon le Grande het joernaal gehou van sy mediese dienste en `n gedeelte van sy joernaal vir 1710 het behoue gebly. Op 9 Februarie 1710 skryf hy medikasie van scafran vir Josué Cellier voor, maar hierdie inskrywing is later weer doodgetrek. Wat scafran is, is onbekend en waarom die inskrywing later doodgetrek is, is ook onbekend. Van die siektes wat aangeteken is, is bloedvloeiing, geswelde voete, keelseer, kopseer, kortasem, krampe in die ingewande, longsiekte, maagpyn, niere, sooibrand, snydings, sweer en verkoue. Bloedlating as behandeling kom die meeste voor, ondermeer vir pyn aan die arm en skouer; daarna purgasies van sennablare en nieskruid.

In 1712 keer Elisabeth se broer Paul Couvret en sy gesin terug na Europa na `n verblyf van twaalf jaar aan die Kaap. Hy het op die plaas Goede Hoop, 60 morg, in die Paarl geboer.

Die Paarl se lidmaatregisters is waarskynlik sedert die stigting van die gemeente in 1691 bygehou, maar die eerste register wat behoue gebly het, is dié van 1715. Onder 'Der Ledematen die de Predikant Van Aken in die Kerke van Drakenstyn in den jare 1715 gevonden heeft', was 'Jossue Sellier en syne vrouw Elizabeth Couvret' en die totale aantal lidmate is as 104 aangeteken. Teen 1725 het die aantal lidmate tot 146 gegroei.

Oor Josué se boerderyaktiwiteite gedurende sy eerste paar jaar aan die Kaap is min bekend weens die onvolledigheid van die opgaafrolle. In 1704 besit hy slegs 4 koeie, maar teen 1709 verbou hy reeds 8 000 wingerdstokke, besit hy 5 perde en 18 beeste en het hy ook 60 mud koring geoes. In latere jare besit hy tot 300 skape en produseer jaarliks tot 3 lêers (1 731 liter) wyn. (Lees Josue Cellier se boedelinventaris hier)

Josué is in Oktober 1721 op 54-jarige ouderdom oorlede en laat die 45-jarige Elisabeth agter met tien kinders tussen die ouderdomme van 4 en 20 jaar. Volgens sommige bronne is hy op sy plaas Orléans oorlede, maar dit word nie deur die lidmaatregister, waar sy sterfdatum aangeteken is, bevestig nie.

Soos in Josué en Elisabeth se gesamentlike testament bewoord word, vond Elisabeth haar as denLangstleevendegeinclineert tot een ander húwellijk en hertrou in ongeveer 1722 met die 57-jarige wewenaar Paul Roux. Hul presiese huweliksdatum is onbekend aangesien die Paarl se huweliksregisters vir hierdie tydperk verlore is. Paul en Elisabeth kon nie baie lank getroud gewees het nie siende dat hy op 7 Februarie 1723 oorlede is, sestien maande na haar eerste man. Na Paul se dood het Elisabeth nie weer hertrou nie.

Paul Roux was `n bekwame man wat kort na sy aankoms in die Kaap in 1688 aangestel is as onderwyser, voorleser en sieketrooster vir die Franse gemeenskap in die Paarl, poste wat hy tot sy dood toe beklee het. Saam met Pierre Simond was hy gereken as een van die grootste stryders vir die gebruik en behoud van die Franse taal aan die Kaap. Teen die tyd dat hy en Elisabeth getroud is, was die kinders uit sy eerste huwelik almal reeds mondig. Hy het ‘n kleinerige plasie Oranje, 2 morg 250 vk roede, in die Paarl besit wat na sy dood na sy seun Jeremie Roux gegaan het.

Na haar tweede man se dood, het Elisabeth en haar vier seuns die boerdery op die plaas voortgesit. Nog hulp met die boerdery is verkry met die aankoop van haar eerste slaaf in 1728 en teen 1743 besit sy vier slawe, een slavin en twee slawekinders.

Vanaf 1732 tot 1734 werk haar skoonseun, Johannes Hubertus, as kneg op die plaas. In ‘n kontrak wat op 27 September 1732 tussen hulle gesluit is, onderneem hy om haar ‘voor den tyd van een geheel Jaar trouw en naarstig te dienen als knegt’ teen `n maandelikse betaling van twaalf Caabse guldens asook huisvesting en voedsel. Hierdie kontrak word op 26 Oktober 1733 vir nog `n jaar verleng. Teen 1743, kort voor haar dood, word 10 lêers (5 773 liter) wyn geproduseer en met tye was daar tot 6 perde, 30 beeste en 200 skape op die plaas. Benewens koring, word rog ook gesaai.

In 1738 boer die 62-jarige Elisabeth en drie van haar seuns, Josué (b1), Abraham (b7) en Pieter (b8), nog op die plaas en bied hulle vir nagenoeg `n jaar skuiling aan die 39-jarige voortvlugtende Estienne Barbier, `n sersant in diens van die VOC. (Lees sy verhaal onder die artikels)

Elisabeth sterf ongeveer 1743 op 67-jarige ouderdom. In haar testament van 1724 het sy bepaal dat haar kinders gelykop moet erf en alhoewel dit ʼn algemene bepaling was dat ʼn plaas aan `n spesifieke persoon bemaak word teen `n vasgestelde bedrag, doen sy dit nie. Sy spreek slegs haar begeerte uit dat Orléans na haar afsterwe ‘soude in volle bezit gegeeven werden aan haar oudste zoon Josua Cellier’. Daar kon nie vasgestel word waarom Josué (b1) na sy ma se afsterwe by sy suster Elisabeth (b4) in die Wellington-omgewing gaan woon het en nie die plaas in besit geneem het nie.

Jan (b2) boer in 1743 reeds op sy eie plaas Druiwevallei. Abraham (b7) neem van die vee op Orléans oor, en word die eerste Cellier wat oor die berge trek en vestig hom in die huidige Rawsonville omgewing waar hy homself hoofsaaklik op veevoerdery toegespits het. Pieter (b8) het die oorblywende vee, slawe en die plaas oorgeneem en was, sover vasgestel kon word, die laaste Cellier-eienaar van Orléans.

(Met groot dank aan Marianne Olivier)

0 Comments|717 Views|View full article
Genealogy:Die Reijgersdaal
Posted by: Jan Cilliers on Aug 11 2008 08:51


Scheepsgegevens

schepenindex

Reigersdaal- 1691

Scheepstype: pinas

In gebruik bij de VOC vanaf 1691 tot 1709 (VERKOCHT, Batavia).

Gebouwd voor de Kamer van Amsterdam op de werf te Amsterdam.

lengte: 145 vt 6,5 d (45,847 m); breedte: 36,25 voet (11.847 m)

holte: 15 v 6d;(4,699 m) laadvermogen: 818 ton

Beschrijving:

Scheepsboek Reigersdaal 1700 ARA VOC 13876.
Opgelegd en verkocht te Batavia in 1709.

Reisgegevens:

reis

vertrek op

van

naar

aankomst op

kamer

schipper

Patria

Batavia

10/07/1702

1

26/12/1691

Texel

Batavia

18/09/1692

Amsterdam

Jan Gerlofsz.

via:

Kaap de Goede Hoop

van 30/05/1692 tot 08/07/1692

1

11/12/1692

Batavia

Rammekens

07/08/1693

Zeeland

Servaas Adriaansz.

via:

Kaap de Goede Hoop

van 20/03/1693 tot 17/04/1693

2

05/02/1694

Zeeland

Batavia

03/01/1695

Zeeland

Kornelis Jorissen

via:

Kaap de Goede Hoop

van 02/09/1694 tot 06/10/1694

2

20/12/1698

Batavia

Goeree

01/07/1699

Delft

Gerrit Donker

via:

Kaap de Goede Hoop

van 13/02/1699 tot 20/03/1699

3

02/05/1700

Goeree

Batavia

14/11/1700

Delft

Marten de Jeugd

via:

Kaap de Goede Hoop

van 22/08/1700 tot 12/09/1700

23/12/1700

Batavia

Patria

Amsterdam

3

23/12/1700

Batavia

Texel

18/07/1701

Amsterdam

Marten de Jeugd

via:

Kaap de Goede Hoop

van 08/03/1701 tot 31/03/1701

4

21/12/1701

Texel

Batavia

10/07/1702

Amsterdam

Jakob Zalm

via:

Kaap de Goede Hoop

van 13/04/1702 tot 02/05/1702

4

29/11/1702

Batavia

Goeree

07/08/1703

Delft

Jacob Joppe de Jong

via:

Kaap de Goede Hoop

van 06/03/1703 tot 10/04/1703

1702

Batavia

Patria

Delft

5

03/01/1704

Goeree

Batavia

01/08/1704

Delft

Jakob Joppe de Jong

via:

Kaap de Goede Hoop

van 22/05/1704 tot 01/06/1704

Bronnen:

Bruijn, J.R. en J. Lucassen, 1980. Op de schepen der Oost-Indische Compagnie : vijf artikelen van J. de Hullu. - Groningen: Wolters-Noordhoff, 1980. - 174 p., [nl] - ISBN 90-6243-017-1.

Dam, Pieter van, 1927. Beschrijvinge van de Oostindische Compagnie, Eerste boek, deel I. - 's-Gravenhage: Martinus Nijhoff, 1927. - 772 p., [nl].

0 Comments|117 Views|View full article
Genealogy:Josue Cellier se Boedelinventaris
Posted by: Jan Cilliers on Aug 11 2008 03:11

MOOC8/4.33Masters Of the Orphan Chamber
Testator(s):
Josua Zilie

10 Desember 1722

Bekentmakinge van mijn goederen aen de E: Heeren en Weesm: de welken ik Elisabeth Covereth heb laten waerderen door 2 oud Hemenraden van Drakensteijn Franssous de Toij en Jaques Therond als volgt

Weduwe van Josua Zilie
Josua Selliers oud 22 jaeren
Jan 20 jaeren
Elijsabeth 18 jaeren
Francois 16 jaeren
Maria 14 jaeren
Abram 13 jaeren
Pierre 11 jaeren - Pieter
Susanna 9 jaeren
Magdalena 5 jaeren


1 hofste gelegen over het Bergrevier genaemt de Orleient voor de somma van 2 duijsent en 9 hondert guldens Indische valleuasi
15 runderbeesten zoo kleyn als groot voor 10 ryx het stuck 150
voor een ouwe wage en egh en ploegh 100 gulden
16 leggers 10 ryx, het stuck 160
voor het huijsraet hondert gulden


Dit is + 't merk van Elijsabeth Covereth

F: du Toit

J...

0 Comments|110 Views|View full article
Genealogy:Josue Cilliers en Jacob Naude se Kontrak vir Onderwyser
Posted by: Jan Cilliers on Aug 8 2008 03:14

Húijden den 30”st maij 1719 compareerde voor

mij willelm van taack eerste geswoore clercq ter politijcqúe

secretarije alhier aan cabo de goede hoop, ter presentie

van de naargenoemde getúijgen, den landboúwer

josúa selje ter eenre en den soldaat jacob naúde

ter andere sijde ende verklaarde den eerste comp:t

volgens verleende ordonnantie van den edele heer

goúverneúr de dato deser in sijn dienst in leeningh

overgenomen te hebben den tweeden comp:t om hom den

tijt van een geheel jaar troúw en naarstigh de dienen

als schoolmeester en tot wat redelijke dienste hom

verder mogte benodigen, maandelijx omme ofte voor

de somma van thien gúldens en een lb. tabacq, boven

en behalven ’t onderhoúd van spijs drank en goede

húijsvestingh sonder dat hij eerste comp:t hem tweede

inmiddens aan een ander vermagh over te doen op

de penaliteijten daar toe staande, blijvende hij tweede

comp:t ook gehoúden bij opbot ten allen tijden ten

desen casteele te moeten reverteeren om sijn dienst

als vooren te presteeren; tot naarkominge deser

verbonden de comp:ten húnne persoonen en goederen

als na regten.

’t gúnt dús passerende ter Secretarije voorn:t ten overstaan

van de adsistenten johannes pleúnes en jan tempel

als getúijgen.

Als getúijgen

dit is de tekeningh van den

(J:s Pleúnes) eersten Comp:t

(J:n Tempel) (Jacob Naudé)

in kennisse van mij

(W.v.Taack)

E:g:Clercq:

9

húijden den 2”n maij 1720

compareerde voor mij

hendrik Swellengrebel

eerste geswoore clercq ter

politijcqúe Secretarije

alhier aan cabo de goede

hoop, proesent de naarte

noemene getúijgen de

comp:ten in nevenstaande

contract vermoet dewelke

versogte vermits de

wederzijdse voldoeninge

van dien dat ’t selve

mogt werden geroijeert

soo geschiet súlx door

desen ter secretarije

voorn:t datúm als

boven

dit is ’t merk van den

Eersten Comp:t

(Jco Naude)

Als getúijgen

(J:s Pleúnes)

(J:n Tempel)

In kennisse van mij

(H:k Swellengrebel)

Eg Clercq.

Kaapse Argiefbewaarplek, Kaapstad

CJ 2579 no 9

(Dankie aan Marianna Olivier)

0 Comments|107 Views|View full article
Genealogy:Josue Cellier en Elizabeth Couvret se testamant
Posted by: Jan Cilliers on Aug 8 2008 02:12

.

0 Comments|241 Views|View full article
Visits
0016133
 
Loading...
Loading...