My naam is André Maré en hierdie website bevat inligting oor my familie. Familie en fotos lewe. Dit vertel die lewensloop van mense. Die familie geskiedenis en fotos praat met mens, die Maré's, Labuschagne's, Smitte en Terblanche's. Dit is ons voorgeslag en ons nageslag. Dit vertel van na wie jy lyk en na wie jy aard. Dit kan nie anders nie; en daarom mag ons dit nie tot niet laat gaan nie. Ons vind onself deur familie as ons gee en ontvang. Familie bring die beste en ook soms die ergste uit ons. Daar is iets spesiaal aan 'n moeder, 'n vader, 'n dogter en 'n seun. Daar is 'n konneksie wat ons almal bind en meer van ons vra wat ons gewoonlik bereid is om te gee. Wanneer ons opreg is teenoor onself; ons gevoelens deel met ons geliefdes; dan outhou ons waarom familie belangrik is. Hierdie "website" vertel van my oupas en oumas. Oupa Boet (Jacobus Johannes Marthinus Maré) en ouma Lina (Magdalena Hermina Maré) , die ouers van my vader (Jacobus Johannes Marthinus Maré). Oupa Erick (Erick Alexander Smit) en ouma Annie (Anna Petronela Smit), die ouers van my moeder (Marlynn Elizabeth Maré). Hierdie "website" vertel van my groot ouers se voorgeslagte asook hulle nageslagte, my ooms, tannies, nefies en niggies, hulle kinders... Aan al my familie wat hierdie boodskap lees, al my groete en liefde. André Maré |