Christelle Jansen van RensburgHaai daar, my nooiensvan was du Raan. My pa was Gerhardus Albertus du Raan (Gerrie) oorspronklik van Strydenburg. Die familie was vir 'n paar geslagte om Strydenburg/Hopetown. Ek is besig om navorsing te doen oor die 'du Raan' stamboom en nageslag. Ek het 'n klomp inligting uit familiebybels opgespoor, en kan my direkte lyn terugvoer tot by Jan Hendrik du Ran (b. circa 1775). Ek het ook 'n redelike hoeveelheid data oor my direkte lyn se broers en susters (na 1834, toe die eerste GA du Raan gebore is, en tot waar my geslagregisters teruggaan), en 'n paar los persone wat ek aan die stamboom probeer vasmaak. Dalk kan ons mekaar help, en sien hoe ons familie is -- omdat ek nie jou boom kan sien nie, weet ek nie presies waar ek inpas nie, maar almal van ons is familie.
Groete, Christelle